My ster jou ster – Malene Breytenbach

“Jy is een van die beste spinto-soprane wat ek al onderrig het,” sê madame Rolandi. “Julle kry die lekkerste rolle. Jou houding is reg, jou voorkoms is mooi, maar ons moet werk aan jou projeksie. Jy moet jou woorde kleiner kry en dink jy stuur die klank deur ’n buis. Dink aan die betekenis van die woorde. Beweeg jou stem vorentoe na jou bokaak en neus. Ons Italianers noem dit la maschera, die masker.”

Sy stut Tatiana se nek met al twee haar hande. “Weer.”

Tatiana gee haar alles en sing die dramatiese hoë note van die aria. Sy weet dit is die beste wat sy nog gedoen het.

Sy skrik toe die oefenateljee se deur oopgaan en ’n man met wit hare inkyk. “Moenie jou sopraan vermoor nie, Lucretia,” sê hy met ’n grinnik.

Madame Rolandi los Tatiana, wat dink sy gaan kwaad word want sy duld nie onderbrekings nie, maar tot haar verbasing gee madame Rolandi ’n gilletjie en storm op die man af. “Vabond, jy is ’n dag laat. Ek het jou gister verwag.”

“Jammer, Lucretia, Daar was weer ’n oponthoud aan die Russiese kant,” sê hy.

Hy kom ingestap. Tatiana staan verstom. Kan dit regtig die groot Russiese bariton wees?

Sy het hom nog net in foto’s en film gesien, nie in lewende lywe nie. Totaal gemesmeriseer kyk sy na hom. Hy is langer as wat sy gedink het en breedgeskouer. In sy swart leerbaadjie, swart denim en wit hemp lyk hy lenig en fiks. Sy silwer hare blink in die lig van die kandelare. Op die bruingebrande, sterk gesig van ’n man in sy middel dertigs is ’n glimlag. Daardie mooi mond met eweredige tande waaruit hemelse klanke kan kom, het haar gefassineer toe sy hom gesien het op youtube en in ’n opera wat by die Metropolitan Opera in New York verfilm is. Sy weet maar alte goed van sy reputasie as een van die groot sangers van die tyd en sy klaarblyklik magnetiese persoonlikheid. Noudat sy hom hier voor haar sien,

weet sy ook waarom hy as die wêreld se sexyste bariton bekend staan.

Hulle noem hom ook die Siberiese tier. As ’n man ooit dierlike magnetisme gehad het, is dit dié man van Slawiese afkoms met sy swart oë en silwer hare by ’n jong, bruingebrande gesig. Sy kan sweer hy het Tartaarbloed in sy are.

Madame omhels hom en soen hom met klapklanke op albei wange. “Wel, nou is jy uiteindelik hier.”

Hy kyk met ’n geamuseerde uitdrukking op sy gesig verby haar na Tatiana. Dit voel meteens asof haar bene lam raak. Hy straal ’n manlikheid en selfversekerdheid uit wat seker omtrent alle vroue se bene lam maak.

“Tatiana, ontmoet Igor Radonowski,” stel Madame hom voor. “Die enigste mens wat ek sal toelaat om my so onbeskof te onderbreek. Igor, hierdie jong dame is Tatiana Barnard, ’n Suid-Afrikaanse sopraan wat hier in Milaan die rol van Gilda moet oorneem en nou oefen ons verwoed.”

Hy steek ’n groot hand uit wat Tatiana s’n omvou. Die aanraking skok haar behoorlik. Sy kyk op in sy swart oë onder donker wenkbroue. “Dit is vir my ’n groot eer om die groot Russiese bariton te ontmoet, meneer Radonowski.”

Hy glimlag. “Die eer is myne. Jy toon ongetwyfeld groot belofte, anders het madame Rolandi jou nie onderrig nie.”

Hemel, hy is nog so sjarmant ook dat dit haar voete onder haar uitslaan. Groot operasterre is gewoonlik geneig om meerderwaardig te wees en hulle nie juis aan die opkomendes te steur nie. Nou kan hy egter nie anders nie, want dis net sy, madame Rolandi en die pianis in die vertrek.

Hy draai weg na madame Rolandi. “Ek kon darem betyds kom vir vanmiddag se kleedrepetisie. As jy nie te besig is nie, kom kyk gerus en gee kritiek. Ek het nog nie met die sopraan saamgesing nie. Sy is ’n Amerikaner wat by die Met gesing het.” Hy vertel in watter saal dit gaan wees.

Hy kyk na Tatiana. “Jy kan ook kom as jy lus het.”

“O, ja, graag.” Hemel, vir wat klink sy nou so oorhoops! Maar sy wil regtig gaan kyk en dit is so vleiend dat hy haar persoonlik genooi het.

“Ons sal kom,” sê madame Rolandi. “Ek sien jou vanaand vir ’n laat aandete. Ons moet inhaal.”

“Absoluut.” Hy grinnik vir haar, vir Tatiana, en loop uit.

Die deur is al agter hom toe, maar Tatiana staar nog oorbluf daarna.

“Toe, toe,” lag madame Rolandi. “Ek weet hy is oorweldigend, maar kom terug aarde toe. Hy is ’n baie mooi man en ’n wêreldklas sanger, maar hy loop nie rond nie en hy is getroud met ’n mede-operaster.”

Tatiana se gesig brand soos sy bloos. “Ek … dis die eerste keer dat ek hom ontmoet.” Sy kug en staan reg om weer die aria te sing.

Maar haar balans is totaal versteur.

LENTESKOOL VIR LIEFDESVERHAALSKRYWERS

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met die liefdesverhaaluitgewer LAPA Uitgewers, bied van Donderdag 6 tot Saterdag 8 September 2018 ’n slypskool in die skryf van romantiese fiksie aan.

Hierdie slypskool van twee-en-’n-half dae, wat plaasvind op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, is ʼn praktiese skolingsgeleentheid vir enigiemand wat ʼn liefdesverhaal wil skryf.

Romanseskrywers Didi Potgieter en Rosita Oberholster, LAPA Uitgewers se Cliffordene Norton en Zahn-Mishal Viviers, tesame met personeel van die ATKV-Skryfskool, gaan as aanbieders optree en fokus op die liefdesverhaal.

Kostes

Die koste vir hierdie slypskool is R2 750,00 per persoon. Dit sluit verblyf by die PUK Astro Villas (Selfsorgeenhede) vir 2 nagte, oggend- en middagverversings, middagetes en ’n funksie op Vrydag 15 September 2017 in.

Vereistes

Kursusgangers moet ’n eerste hoofstuk (tussen 3 000 en 5 000 woorde lank) van ’n liefdesroman aanstuur na Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za voor Vrydag 1 September 2018.

Kompetisie

Die ATKV-Skryfskool bied in 2018 ook weer ’n kompetisie in die skryf van ’n liefdesnovelle aan. Die wenner hiervan sal die Lenteskool GRATIS kan bywoon. Vir meer inligting hieroor of oor die Lenteskool self, kan u skakel met Kobie van Aswegen by:

Navrae

Tel: 018 299 1783

Faks: 087 234 5006

kobie.vanaswegen@nwu.ac.za

Somersprokie – Alma Carstens

Buite op die systoep slaak sy ’n sug van verligting. Die luggie is ysig, maar sy voel dit skaars en trek dit diep in haar longe in. Sy sal eerder die hele aand hier op die stoep sit en verkluim as om weer langs die Geldenhuys-vent te gaan sit. Verbeel jou James Duncan se groot liefde. Wat weet hy?

“Alles oukei?”

Charlotte swaai om en verloor byna haar balans op die krukke toe dit weer die soom van haar lang rok vasvang. Manshande skiet uit en vou om haar skouerknoppe om haar te stabiliseer. Dadelik versnel haar hartklop en voel dit asof al die speeksel in haar mond opdroog.

“Christiaan.” Haar stem klink onnatuurlik hees in haar eie ore en sy skraap haar keel liggies. “Ja, dankie. Ek soek net ’n bietjie vars lug.”

“Ja, dis nogal bedompig daar binne,” knik hy sy kop na die glasdeure se kant toe. Sy oë gly vir ’n paar sekondes oor haar, toe trek hy sy baadjie uit.

“Hier, dis koud hier buite,” sê hy terwyl hy sy baadjie om haar kaal skouers hang.

“Nou gaan jý koud kry,” lag sy bewerig, haar liggaam opeens stokstyf van spanning.

“Nee, ek kry nie so maklik koud nie. En my hemp het mos lang moue, sien?” Sy tande flits wit in die skemering toe hy lag. “Wat het gebeur?” vra hy en wys na die krukke toe sy onbegrypend na hom staan en kyk.

“’n Simpel ongeluk. My voet het agter ’n kabel gehaak toe ek van die loopplank af kom.”

“Ek is jammer om dit te hoor. Ek skat elke werk het maar sy beserings.”

“Ek is beslis nie jammer daaroor nie, ten spyte van die pyn in my enkel. As dit nie vir daardie kabel was wat op die verkeerde plek gelê het nie, was ek nie nou hier nie.” Amper glip die woorde “het ek jou nie weer gesien nie” by haar mond uit. “En het ek nie die troue kon bywoon nie.”

Hy glimlag en druk albei sy hande diep in sy broek se sakke in. “Dan is ek ook nie jammer oor jou ongeluk nie. Want as dit nie daarvoor was nie, sou ons mekaar seker nooit weer gesien het nie. Jy kom mos nie eintlik meer in Suid-Afrika nie, as ek die skindertonge kan glo.”

Charlotte balanseer haarself op die krukke en trek die baadjie stywer om haar lyf. En toe verwoord hy sowaar haar gedagtes! “Ek was die afgelope tien jaar nog nie weer hier nie. Werk te veel. Maar ek is bly ek kon ’n slag huis toe kom.”

“Jy beskou Suid-Afrika dus steeds as jou huis?”

Musiek klink van binne in die groot saal af op en deur die glasdeure kan sy mense sien dans. “Ja, dit sal altyd vir my huis wees. Spesifiek die Kaap. Ek besef nou eers hoe baie ek dit gemis het. En verlang het.”

“Verlang het,” mymer hy. “Na jou familie?”

“Na my familie, die kos, die taal, alles. Ook na my vriende.” En na jou, voeg sy in haar gedagtes by. Veral die eerste paar jaar in die buiteland toe haar liefde vir hom nog warm in haar hart gebrand het.

“Het jy nog kontak met enige van hulle? Milan sê my julle het nie kontak behou nie.”

“Nee, ons het nie. Ek het tot my spyt met niemand kontak behou nie. Praat van Milan, hoe gaan dit met haar?”

Hy lag en tree effens nader na haar toe, trek die baadjie reg toe dit agtertoe oor haar een skouer gly. “Dit gaan baie goed met haar. Sy is getroud en woon in Bloubergstrand.”

Charlotte se oë rek verbaas. “Getroud? Ek sal haar baie graag weer wil sien. Sal jy omgee om haar nommer vir my te gee?” En joune, sodat ek jou ná vanaand weer kan sien, flits die woorde deur haar kop en sy byt hard op haar lip voor dit by haar mond kan uitspring.

Hy skud sy kop. “Natuurlik nie. Gee my jou foon, dan sleutel ek haar nommer vir jou in. Sy sal baie bly wees om van jou te hoor. Julle twee was mos net so,” lag hy en vleg sy voor- en middelvinger om mekaar.

Charlotte stut haar gewig op een kruk en haak haar handsakkie van haar arm af om haar selfoon uit te haal. Terwyl hy Milan se nommer op haar foon stoor, gly haar oë oor sy gelaat en haar mond word droog. Hygend hert, sy kan haar oë nie van hom afhou nie en wil elke detail van sy aantreklike gesig inneem sodat sy altyd sal onthou hoe hy nou lyk. Hy kyk skielik op en betrap haar kykers op hom, en Charlotte is dankbaar dis donker op die stoep sodat hy nie kan sien hoe sy vuurwarm bloos nie.

“Dankie,” prewel sy toe sy die selfoon by hom neem.

“Charlotte, dis werklik ’n aangename verrassing om jou weer te sien. Dis die laaste plek waar ek verwag het om jou raak te loop.”

“Charlotte,” herhaal sy en lag verleë. “Niemand noem my ooit meer so nie. Dit klink eintlik vreemd om . . .”

“Ek het gewonder wat van jou geword het, Christiaan.” Justine haak haar arm besitlik deur Christiaan s’n en kyk met ’n frons na sy baadjie wat oor Charlotte se skouers gedrapeer is. “Kom dans met my, toe?” Sy draai haar kop na Charlotte toe. “Jy sal mos nie omgee as ek Christiaan weglok vir ’n dans nie, sal jy?” vra sy vriendelik, maar Charlotte is alte bewus van die koue klank in haar stem. Dis duidelik dat sy nie gelukkig is om hulle twee alleen op die stoep aan te tref nie. En veral nie oor sy baadjie wat om haar skouers hang nie.

Charlotte skud haar kop en glimlag terwyl sy die baadjie van haar skouers laat afgly en na hom toe uithou. “Natuurlik nie. Baie dankie dat ek jou baadjie kon leen, Christiaan. En vir Milan se nommer. Ek sal haar beslis kontak.”

Engels: Romy Sommer gesels met ons …

We are chatting to Romy Sommer, writer, writing coach and chairperson of Romance Writers’ Organisation of South Africa (ROSA). Congrats on the publication of your novel, Last of the Summer Vines.

Thank you!

Let’s start with …

Do you love wine of coffee?

This is a really tough question to answer! Can I cheat and say coffee during the day and wine when it gets too late in the day for coffee?

Does you hero have to be smart or gorgeous?

Another tough question, because ideally he should be both! But if I had to choose, smart would definitely beat gorgeous. And kind – a good heart beats both brains and brawn any day.

Should he be rich or funny?

Okay, this is an easier question, because rich is merely a bonus, not a requirement. But absolutely he should have a sense of humour – even if it’s just a sense of humour that matches the heroine’s.

In your next life, you would like to be a …

I’d like to be a writer and a mom – because I couldn’t imagine anything better than what I’m doing right now.

In your past life, you believe you were a …

In my past life I was definitely a 1920’s flapper. I feel a huge affinity for that period, for the music, the clothes, and the way that women of that time began to push boundaries. It’s thanks to those Post World War 1 women that we have many of the freedoms and successes we have today.

You grew up in Durban, when did you decide to move to Johannesburg?

Sadly it wasn’t my decision. As I was nearing the end of high school, my father got a job offer that required moving from Durban to Johannesburg. I hated it at the time, and wanted so badly to stay in Durban, but I was too young then to live on my own so I had to move with the family. I’ve now lived in Johannesburg more than half my life, and the place has grown on me. It’s home now, and I’m very happy here.

You love Hallmark movies. What is your favorite Hallmark movie or what is the title of the last Hallmark movies you watched?

There are so many to choose from! My favourite is probably A Country Wedding (2015) which features a country singer and his childhood sweetheart, combining two of my favourite things: romance and country music. At the moment, my daughters and I are working our way through the Good Witch series of movies, since we discovered the Netflix series that is based on those original Hallmark movies.

What type of writer are you? A planner or pantser?

I started out as a pantser, but these days I lean more towards being a plotter. I need to know my main characters inside and out before I start writing, and I also need to know how they will be challenged and grow, and where they need to end up at the story’s end. Once I know the overall plan for the story, and have a few key scenes sketched out along the way, then I start writing and let the ‘pantsing’ take over.

Last of the Summer Vines, your fifth novel, was inspired by two of your favorite movies, Under the Tuscan Sky and A Good Year. Did you feel because of this inspiration you had to write the story in a specific manner?

I very carefully avoided re-watching those movies while writing this book, because I wanted to do my own story and not be tempted to copy from them. So I suppose the only thing I specifically wanted with this book was to make it uniquely my own.

The main character Sarah is a workaholic when the reader’s meets her. Who/what is the inspiration behind her?

In the first draft of the book, I had Sarah as a professional baker whose London-based bakery was on the verge of going bankrupt. But it was such a negative and angsty place to start, with her feeling like a failure, so I re-wrote the book (and Sarah) to be much lighter and more positive. Making her a workaholic in desperate need of a holiday started the book on a far less depressing note!

You are the chairperson of ROSA, writing coach and writer. It seems that you and Sarah have ambition in common. What are some of the other characteristics you admire about her?   

I don’t feel ambitious at all. I do what I do because I love it, and because I’d still do it regardless of whether I was getting paid or not. This is something Sarah only discovers after she arrives in Tuscany. Living in Italy, she is reminded of how much she loves to bake, and as she follows her passion, she finds her true purpose in life. I think that applies to every heroine I write: they often start at a place where they’re not living their true purpose, and my stories are about their growing to be the best version of themselves they can be.

What other characteristics does she have that I admire? She’s not afraid of hard work and doesn’t mind getting her hands dirty. She treats everyone equally, whether they’re rich and good looking, or whether they’re a tattooed ex-con. But best of all, she’s just an ordinary woman in her 30’s. She’s not model beautiful, she’s not especially clever or talented or rich. She could be any of us.

Last of the Summer Vines is set in the beautiful Tuscany, and most your books are set overseas.  What factors contribute to where you set your novels?

I really believe there is a market for South African-set romances, and I have every intention of setting one here some day, but for some reason my stories just seem to want to be set in other places. I’ve set stories in Europe and the US, in fictional countries, and in the Caribbean. The stories seem to arrive in my head already with a setting in place, and they just wouldn’t be the same if I tried to force them to be set somewhere else. I don’t know if this even makes sense, but I think there are a lot of writers who will understand that feeling of just being a vessel for a story that needs to be told. As if the story is being told through us rather than by us.

You write under alias (which you don’t want to reveal to us), but Last of the Summer Vines is your first book under your own name, after being nominated for the Rita award. Did you feel the pressure to write another award-winning book after being nominated for a Rita?

Since the Rita nomination I’ve published three erotic romance books under another name. Publishing under another name helped me get over that pressure to succeed. And yes, there was some pressure − and a whole lot of fear that I wouldn’t be able to produce another book that lived up to expectations.

Why do you keep your two identities separate?  

Writing those erotic romances started as an experiment for me. I wanted to play around with self-publishing without any expectations or pressure to succeed. It was also fun creating a separate identity. Of course, my alter ego is a part of me, but she gives me the opportunity to indulge in stories that far more sensible Romy doesn’t.

Would you ever reveal you second identity?

Maybe one day, but at the moment I have no plans to reveal my secret identity!

Are you currently busy writing your next book?

Yes indeed. I’ve started working on a follow-up to Last of the Summer Vines, in which Sarah’s best friend Cleo gets her happy ever after. Since I did so much research into Tuscany and wine-making for Last of the Summer Vines, I didn’t want to waste all that time and effort, so the next book will be set against the same backdrop. And Cleo was such a fun person to write that I thought she really deserved her own story.

How did you celebrate the publication of Last of the Summer Vines?

I didn’t really do anything special to celebrate the release (maybe I still will?) but I did drink a couple of glasses of red wine that evening. Which was the most fitting way to celebrate this book!

 

Het jy geweet? 

Romanza is ’n trotse lid van ROSA!

ROSA hou jaarliks ’n skrywerskonferensie, waar Suid-Afrikaanse skrywers gesels oor liefdesverhale. Lees meer hier: https://www.romancewriters.co.za/2018-annual-conference 

Melanie Baker: heldin van Beter vir haar hart

Melanie Baker, heldin van Beter vir haar hart, is sku vir die pers. Dis hoekom dit lekker is om saam met haar in haar strandhuis op Struisbaai te kuier. Die see is mooi (wanneer is dit nie?) en terwyl ons sit en gesels kan ons daaroor uitkyk.

 Romanza(R): Jy het na skool in parys, Frankryk gaan studeer. Wat het jy die meeste geniet van jou tyd in Parys?

Melanie (M): Parys se wonderlike atmosfeer het ek geniet. Die stad van romanse. En al die heerlike kos was to die for.

 (R): Wat is jou gunsteling-skilderstyl?

(M): Ek hou daarvan om natuurtonele te skilder. Soms vryhand, ander kere vanaf ’n mooi foto of poskaart. Maar net soms, as die muse my beetpak, skilder ek abstrak of mooi sensueel.

 (R): In watter kunsperiode so jy wou leef?

(M): My gunsteling-kunsperiode is die Romanticism periode wat plaas gevind het tussen 1800-1850. Oorspronklik van Brittanje wat versprei het deur Europa. Ek is mal oor die periode, want dis sterk emosionele kuns. Die woord romanse het dubbele betekenis in die geskiedenis.

 (R): Droom jy in swart en wit en kleur? En in watter taal droom jy?        

(M): Ek droom in kleur want kleur bring vrolikheid en blydskap mee. Die lewe is faal en depressief genoeg. In watter taal? Mmmm, in Afrikaans want dit is my lieflingtaal.

 (R): Wat’s jou gunstelingkleur?

(M): Ek is mal oor helder kleure. Gele, oranje, rooi maar soms wanneer ek vir die see sit en kyk hoe die gety in kom, is die blou en groen vir my so bekoorlik.

 (R): Wie is jou gunsteling kunstenaar?

(M): My gunsteling-kunstenaars is natuurlik Picasso en Leonardo da Vinci.

 (R): Is jy en Richard al besig met trouplanne?

(M): Ja! ’n Lekker kaalvoettroue op die strand met die wind in ons hare.

 

(R): Wat beplan julle vir die toekoms?

(M): Richard het sy eie maatskappy dus sal ons meer in die stad wees maar sal wel nog naweke en vakansies by Struisbaai kom uitspan. Daar is geen ander plek soos my baai, as ek dit so kan noem, nie. Dis hier waar ek vry voel en waar ek myself die beste kan wees.

Richard wil ook graag hê ek moet ’n ateljee open, maar ek besluit nog daaroor. En as die lewe dit toelaat, dalk kinders.

Dit was so lekker om met jou te gesels so in die hartjie van die winter. Die see kla net soos ek oor die koue maar ons mag nie kla nie want enige mens weet jy groei wanneer dit winter is.

 Lovies

Melanie 

 

Stoppelbaardsoene in Santorini – Cecilia Steyn

In die kombuis druk Gita haar kop ’n oomblik in die yskas. Sy moes omtrént nou haar pose hou en haar tong middeldeur byt om te keer dat sy vir Isak Clark vertel presies wat sy van hom dink. Gelukkig het die seun hulle onderbreek.

Omdat hy betaal het, kan hy bly? Wie dink hy is hy? Sy wens net Ellie het haar teen die ongeskikte man gewaarsku. Sal sý die kind moet besig hou? Gita sit haar hand op haar heup. Deur die kombuisvenster kyk sy of Isak Clark nog daar staan.

Nee! Hy staan sowaar haar selfhelpboek en deurkyk. Die vent skud sy kop. Gita vee oor haar voorkop. Al moet sy dit nou self erken, is hy die mooiste ongeskikste vent wat sy nog gesien het. Daardie sterk kakebeen met die kuiltjie in sy ken. En kan ysblou oë so warm lyk? Sy postuur is dié

cecilia steyn 27

van ’n man wat nie nonsens vat nie, maar wat ook sag met ’n vrou kan werk.

Ag nee, magtig. Waaraan dink sy tog? Sy hoop nie sy soek nou haar trouman in elke lid van die teenoorgestelde geslag wat haar pad gaan kruis nie. Isak is seker ’n bedorwe brok wat altyd sy sin kry.

Wat is nou so erg daaraan dat sy ook hier bly? Wag net tot hy haar kos proe. Dán sal hy vinnig van mening verander.

Net jammer hy dink hy kan so met mense praat. Geen wonder die kind het kamer toe gevlug nie, met so ’n pa sou sy seker ook. Hy beter net nie vir Ellie bel en haar sê presies wat hy van haar reëlings dink nie. Sy het nie nou ekstra spanning nodig nie.

Toe sy weer deur die venster loer, lê hy op een van die stoele. Sommer so in sy pak klere. Hy is seker een van daardie finansiële tipes wat bang is sy bankbalans sal verminder as hy nie ’n pak klere aanhet nie.

Sy sug hardop. Die oomblik toe sy in daardie staalagtige oë van hom kyk, het haar hart net ’n bietjie te vinnig na haar sin geklop. Haar palms het selfs klam geword, iets wat sy nog nooit vantevore ervaar het nie. En dit met een kyk! Daarvan staan niks in haar boek nie.

Sy waag weer ’n kykie na waar hy lê. Sy hemp is nie eens gekreukel nie en dit ná ’n lang reis hierheen. Om so perfek te wees is seker uitputtend want hy lyk gedaan.

Om nie te praat van die kind met al die swart klere nie. ’n Mens sal sweer iemand is dood of iets. En daai ring in sy neus laat hom lyk asof hy eerder by ’n bulgeveg in Spanje hoort. Daardie humeur ook. Sjoe, sy kry amper die arme pa jammer . . . amper. Dis net, hy lyk nog heeltemal te jonk om so ’n groot kind te hê.

Gita begin met een hand vir Ellie ’n boodskap tik terwyl sy met die ander een bestanddele op die werkblad pak. Hopelik, as die vent kos in sy maag het, sal daardie mooi mond van hom kan glimlag en sal hy miskien sommer ontspan ook. Genade, hy is immers in Santorini!

Jy weet dis ’n buffel en ’n swart geklede warrelwind wat jy vir my gestuur het, nè? Jy moes hom dalk maar gesê het ek sal ook hier bly. Meneer besluit nog of hy die huis met my wil deel of nie.

Is dit so erg?

Ja! Tik sy. En jy het die dae verkeerd! Nou skarrel ek om vir hulle kos te maak.

Sy wonder of Ellie haar aspris dom hou.

Jammer tog. My kop is deesdae op ander plekke. Sal jy asseblief mooi na hulle kyk? Soos jy altyd na ons kyk. Geniet jou verlof! En kyk uit vir daai man van jou drome.

Dit is hemelse geure wat Isak laat wakker word. Toe hy regop sit, val die boek wat op sy borskas gelê het grond toe. Wanneer het hy aan die slaap geraak? Ná sy uitputtende reis wou hy net vyf minute rus en vrede hê. Om homself te amuseer het hy die pop se pienk boek nadergetrek. Hy strek en tel dit op.

Wat ’n spul bollie. Tog het hy homself gevang dat hy bly lees. Watter tipe man soek jy? Passievol, sensitief, belangstellend, betroubaar, veilig of waaghalsig? Die vraag het sowaar in sy kop begin rondrol. Watse tipe man is hy? Nie dat hy in ’n langtermynverhouding belang stel nie. Daarvoor sal hy seker nooit reg wees nie. Die oomblik wat vroue die l-woord in gesprekke begin noem, sorg hy dat hy die verhouding beëindig. Want die l-woord word gewoonlik gevolg deur die t-woord wat in sy opinie veel erger is. Hy kan homself net nie vir die res van sy lewe saam met een vrou sien nie. Veral nie nou nie. Hy is nie die tipe wat die vullis sal uitsit en doeke help omruil nie. Daarvoor is hy te besig. En dis wat vroue wil hê. ’n Ridder op ’n wit perd. Hy het homself nog altyd as die stil sterk tipe beskou. Van hulle staan daar niks in die boek nie.

“Die kos is gereed.” Gita se stem ruk hom terug realiteit toe. Toe hy omkyk deur toe, staan sy daar met ’n breë glimlag. Haar oë sak na die boek in sy hande en hy besef dis nie vir hom wat sy so mooi glimlag nie.

“Enige tips gevang?” roep sy laggend.

“Ek het dit nie gelees nie,” probeer hy red wat te redde is. Maar die dik wenkbroue wat netjies getem is, lig alwetend voor sy omdraai. Van agter af kan hy sien hoe haar skouers nog ’n keer ruk. Die laaste ding wat hy nou nodig het, is vir sy au pair en huishoudster om te dink dat hy haar droomman kan wees.

“Haai, ek is Jaco.” Isak staan ’n oomblik in die deur. Jaco trek ’n stoel by die vrolik gedekte tafel uit. Hy kon ook seker nie die geure weerstaan nie. En is dit ’n glimlag?

“Ek is Gita,” sê sy vriendelik

 

Lelies vir Louisa – Rosita Oberholster

“Spieëltjie, spieëltjie aan die wand,” fluister Louisa en laat gly haar vingerpunte oor die vergulde krulle en patrone van ’n spieëlraam in een van die ou chateau se twaalf slaapkamers. “Wie’s die afskuwelikste in die land?” ’n Ligte knelling kom lê op die krop van haar maag. Voorheen kon sy dit nooit naamgee nie, gedink dis sommer net senuwees oor al die dinge wat gebeur het, maar dis skuldgevoel wat só voel. Sy weet nou. Dit ry en kasty haar meer male as wat haar ingewande kan verdra.

Ware skoonheid kom blykbaar van binne. As dit die geval is, is sy lelik. So lelik soos die nag. “Spieëltjie, spieëltjie . . . Wie is ek? Waar kom ek vandaan?” Sy staar na die beeld wat na haar terugkaats. Fyn gelaatstrekke, groot groen oë, langerige donkerblonde hare met ligter strepies in. Sy leun nader aan die spieël. Eintlik is haar oë nie so groot as wat haar wimpers lank is nie. Haar voorkoms is niks buitengewoon nie. Behalwe vir haar oë, mense sê gereeld sy het treffende oë.

Net jammer sy kan haarself nie in die oë kyk nie. Nie meer nie, in elk geval. Sy roer haar skouers en draai weg van die spieël. Iewers op hierdie aarde is of was daar ’n man en ’n vrou wie se gelaatstrekke, maniërismes en liggaamsbou oorgedra is aan haar. DNS. Gene. Familie. Sal hulle sondes ook aan haar oorgedra wees? Sy dink so.

Hoekom pla dit haar die laaste tyd so baie dat sy niks omtrent haar herkoms weet nie? Is dit vandat sy ’n kind van haar eie in die wêreld gebring het? Of is dit vandat haar lewe verweef geraak het met dié van die mense van La Roseraie en die buurplaas Liberté? Mense wat hulle voorouers so ver as die Franse Revolusie kan naspoor. Iets waarvan sy maar net kan droom wanneer sy soms haar verbeelding vrye teuels gee. Miskien is dit ’n mengsel van beide; haar koms hier na die Franschhoekvallei en Rose se geboorte was nie ver uitmekaar nie. Sy stoot die balkondeure oop. ’n Ligte misreën stuif op die aarde neer.

Hiervandaan kan sy omtrent die hele Liberté sien. Gabriela se woonhuis omring deur eike- en plataanbome, die parkagtige tuin met sy lae ringmuur. Die buitegeboue, wingerde en bloekombos. Aan die ander kant daarvan lê die roosplaas, al kan sy dit nie vanaf die chateau se balkon sien nie. Regs van haar die berg wat oor alles uittroon, stil toekyk na die lief en leed van die mense aan sy voet. Jaarin en jaaruit, deur die eeue heen. Vandag is die berg in ’n wolkekombers toegedraai en kan hy seker nie so goed sien wat onder in die vallei aangaan nie. Soms, as die lig op ’n sekere manier val, so net voor sonsondergang, lyk ’n sekere gedeelte daarvan vir haar soos ’n gesig. Dalk was dit ’n ridder of ’n koning wat Medusa se aangesig aanskou en toe versteen het. Net soos wat die wreedheid van die mensdom soms haar siel wil laat versteen. Watter tipe monster los ’n kind op ’n kinderhuis se stoep en laat hoor nooit weer van haar nie?

’n Beweging onder in die tuin trek haar aandag. Theuns kyk op. “Raponsie, Raponsie, laat sak jou hare vir my!”

Twee windhonde wat seker ook hul voorsate sewe of meer geslagte terug kan naspoor, kyk skewekop op.

Louisa lag verby haar morbiditeit. “Môre, Theuns,” groet sy Liberté se wynmaker en Freya se verloofde. “Jy sal nog so honderd jaar moet kans gee,” beduie sy na haar hare wat net onder haar skouers hang.

Koop nou Lelies vir Louisa by www.lapa.co.za

RomanzaKlublede spaar tot 50% afslag op SuperRomanzas!

Jou bekostigbare hartsbederf … vir Julie 2018

Jy het my hart – Karlien Badenhorst
Die noodlot het Christine en Durandt ’n tweede kans gegun, maar sy moet weereens sy hart breek. Vir sy eie ontwil. Maar dié keer is dit moeiliker om van hom weg te gaan, want hy besit haar hart.

BONUSKORTVERHAAL!
Sonde van begeer – Louise Minnaar
Die pa van Marzanne se nuutste musiekleerling is die versinnebeeld van aantreklik. Maar sy mag nie eens kyk nie, want iewers is ’n pragtige Mevrou Aantreklik.

Koop nou hier: https://bit.ly/2Kp6loM

Ook op Amazon: https://amzn.to/2lOYu5f

 

Beter vir haar hart – Jessica Venter
Richard het jare gelede Melanie se hart gebreek. Maar selfs met ’n gebreekte hart, was sy steeds lief vir hom. Nou is hy terug en sy voel weer die vrees dat hy nie haar liefde sal beantwoord nie.

BONUSKORTVERHAAL!
Slotsom van my lewe – Ria Richards
Petri en Lourens vind mekaar onweerstaanbaar, maar hulle werk saam op ’n gasteplaas. As iets skeefloop is daar geen wegkruipplek nie, maar sy is nie meer so seker sy wil wegkruip van hul aangetrokkenheid nie.

Koop nou hier: https://bit.ly/2MFRpiH

Ook op Amazon: https://amzn.to/2IK4V2h

Sewe lekkerleesboeke vir die sewende maand van 2018!

Towerman – Wilreza Smit-Theron
Lea reis na Zanzibar om innerlike genesing te vind, want drie jaar ná haar man se dood rou sy steeds. Wie is die reus van ’n blondekopman met mosgroen oë wat daar as haar hoeder optree én die lig in haar weer aansteek?

Somersprokie – Alma Carstens
Charlotte, oftewel Charlie, vra vir Christiaan om haar te help om haar seehuisie op te knap, maar hy besef hy sal sy gevoelens vir haar in toom moet hou want wie sê haar verhouding met James Duncan, die internasionale rolprentheld, is verby?

My ster jou ster − Malene Breytenbach
In Milan ontmoet Tatiana, ’n Suid-Afrikaanse sopraan, die aantreklike operaster, Igor Radonowski. Hy maak haar maak bene lam, maar sy vind uit dat hy getroud is. Sy moet sy aantrekkingskrag weerstaan …

Stoppelbaardsoene in Santorini – Cecilia Steyn 
Isak Clarke en sy aangenome seun, daag onverwags ’n dag vroeër in Santorini op. Isak is gewoond om sy sin te kry, maar hy sal dit nie met Gita regkry nie. As hy nie net die mooiste ongeskikte man was wat sy nog ooit gesien het nie!

Man sonder weerga – Bets Smith

Bets Smith is een van Afrikaans se gevestigde skrywers. Behalwe vir romanses, skryf sy ook spanningsverhale. Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van haar vorige Romanzas:

Die towerformule:

Esti se nuwe huisbaas op die Noord-Kaapse dorpie verwar haar. Is Bernhard Ehmke die beer, wat hom oor vroue ontferm, of die wolf, wat harte verorber? Maar beer of wolf, dié dokter sal haar nie ook meesleur nie.

Liefste Valentyn:

Elvira vermoed lankal Marius gebruik haar. Die hospitaalgange dreun oor hom en die baas se dogter. Reuel, die nuwe chirurg, wil Marius jaloers maak, en Elvira wonder – is sy verpletter? Of dalk verlig?

Engel sonder vlerke:

Minette se laaste studiejaar ontaard in ’n nagmerrie toe sy self moet sorg vir elke sent wat sy benodig. Sy waardeer beslis nie die enigmatiese dokter Hugo Storm se ongevraagde inmenging in haar lewe – of haar hart – nie.

Lelies vir Louisa – Rosita Oberholster

Sy is omring van liefde maar weet nie waar sy vandaan kom nie. Dit is die droefheid waarmee Louisa worstel. Sy wil niks van haar ouers hê nie, net weet wie hulle is en hoekom hulle haar nie wou hê nie. Soos sovele ander kinders wat hulle biologiese ouers uiteindelik vind, is dit nie maanskyn en rose in elke opsig nie.

Nie net oor wie hulle is en hoe hulle oor haar voel nie, ook oor die afskuwelike geheim in hulle familie – haar familie, besef sy. Dit is haar bloed wat tot sulke dade in staat was.

Louisa besef egter al het sy nie beheer oor haar lewe tot dusver gehad nie, is dit net sy wat kan besluit hoe haar en haar baba se lewe van hier af verloop. Maar sal sy goed genoeg wees vir ’n man? Sy, ’n weeskind en self die moeder van ’n buite-egtelike kind? Dit is wat haar verhoed om in liefde te glo toe ’n man haar liefkry vir wie sy is en haar syne wil maak.

Dowe gode – Dibi Breytenbach

 

Kaptein Aella O’Malley van die Suid-Afrikaanse polisie word uitgeroep na waar ’n plaasaanval aangemeld is. Die slagoffers is vriende van haar en haar lewensmaat wat kort gelede oorlede is. By nadere ondersoek strook dit egter nie met ’n “gewone” plaasaanval nie. Wie gebruik militêre aanvalswapens om mense te beroof? Het dit iets daarmee te doen dat dit ’n wildplaas is? Maar daar is geen wild geroof nie, net die kluis waarin daar ook wapens was.

Terwyl sy verbete probeer deurdring na die oorsaak van hierdie geweld loop sy haar ook vas teen die brutaliteit van boere wat keelvol is vir plaasaanvalle op onskuldige mense, wat sy wil verstaan, maar ook nié. Saam met haar in die ondersoek is haar getroue kollega Whistler en Leblanc, laasgenoemde ’n Fransman van Interpol wat Suid-Afrika toe gestuur is om te kom kyk wat word van die geld wat Europa skenk vir renosterbewaring.

Toe sy die baasbrein van die plaasaanval vastrek, onthou sy die spreekwoord oor   “die pad na Opathe”: Pasop vir ’n hinderlaag, pasop vir verraad.

 

Die stemme agter stories – Zhan-Mishal

Wat is dan nou beter as ’n boek? ’n Storie wat jou bladsy vir bladsy en woord vir woord meevoer op ongelooflike avonture na onbekende plekke … Ek het nou lank en hard gedink en vir my is daar niks beter nie. Wel, dit was tot ek die geleentheid gekry het om ’n groep skrywers te ontmoet en die wonder in hulle oë te sien en te weet daar is eintlik nog eindelose stories en karakters wat diep binne hulle woer om uit te kom en hulle eie weg op jou boeke se bladsye te vind.

Hier by LAPA beplan ons al ’n geruime tyd aan ’n Fiksie-Skrywersindaba. Vir die wat nie weet nie, ’n indaba is ’n samekoms geleentheid waar ’n groep mense mekaar raadpleeg en debatteer oor belangrike onderwerpe. Dit klink seker baie formeel en vervelig, maar ons indaba was alles behalwe formeel of vervelig. Die LAPA-fiksieskrywers wat Pretoria hulle huis noem het heeldag heerlik saam gekuier en oor karakters en stories gesels.

Ek moet bieg ek was heeldag eintlik … starstruck met die wete dat ek aan ’n gesprek kan deelneem saam met legendariese skrywers soos Sophia Kapp, Madelein Rust en prof. Hans du Plessis. Ons het die dag nie net met smul lekker ontbythappies afgeskop nie, maar ook met ’n visuele reis wat wys hoe die fiksiegenre en boekvoorblaaie oor die laaste 14 jaar by LAPA Uitgewers ontwikkel en uitgebrei het.

Kort daarna het een van ons getroue redigeerders, Joanita Fourie, ’n gesprek oor taalversorging en algemene foute wat gereeld in Afrikaans gemaak word behartig. Hier het ek net weer besef dat mens elke liewe dag nuwe dinge leer en dat ’n woordeboek jou beste vriend moet bly.

Noem my maar ’n millennial as jy wil, maar tydens Romy Sommers, die stigter van ROSA, se gesprek oor persoonlike branding en die benutting van sosiale media kon ek my aandag nie vir ’n oomblik verdeel nie. Mense raak vinnig bang vir die mag van sosiale media platforms en ek stem, dit kan nogal intimiderend raak. Tog kan jy jouself so maklik bemagtig en jou sosiale media en eie brand bestuur met die nodige kennis. Romy se gesprek het van kennis oorgeloop en dit was vir my ’n terugflits na universiteit dae so vining het ek al haar wenke probeer neerskribbel.

Madelein Rust het die dag afgesluit met ’n gesprek oor tydgees en hoe dit die inhoud van ’n storie kan beïnvloed. Ons het saam ’n fantastiese speletjie gespeel waar ons ’n kort bio gelees het en dan afwisselend karakters uit die storie se foto’s ontvang het. Elke persoon moes dan self ’n karakterprofiel skryf en die storielyn vir hul karakter bepaal. Ek was verstom om te sien hoe kreatief en ook uiteenlopend almal se idees was. Dit is seker maar presies wat mens kry as jy klomp waardige skrywers in ’n vertrek saam bring.

Ek belowe ek was steeds in Junie produktief op kantoor. Ek het my rekenaar daagliks beman en gereeld e-posse beantwoord, manuskripte gelees, boeke se produksieprosesse bestuur en verskeie krisisse opgelos. Maar hoekom sal ek julle nou daarmee verveel as ek eerder my opgewondenheid om verskeie skrywers te ontmoet, met julle kan deel?

PSST − Gaan kyk ook gerus op ons Facebook blad na die videos, wat ek en ons digitale koördineerder, Sumarie, deur die loop van die dag geneem het. Daar is soveel interessante feite oor wie die skrywers by LAPA werklik is en wat hulle grootste verse is en hul hart vinniger maak klop.

Groete tot volgende maand!

Zhan-Mishal