Fokus op: Annetjie van Tonder

by Alta Cloete 1 Kommentaar

Annetjie van Tonder is gebore op Sabie, word groot in die Bosveld op Swartklip en Northam. Sy matrikuleer aan die hoërskool Riebeeck op Randfontein en studeer in Pretoria. As jong onderwyser loop sy ‘n ou laerskool klasmaat raak en besef hy is meneer Reg. Dagdroom en stories uitdink was nog altyd deel van haar bestaan, maar begin eers na haar aftrede romantiese fiksie skryf omdat die liefde ‘weergaloos’ is, aldus A.G. Visser, die minnedigter. Haar vyf kinders (een skoonseun en een skoondogter ingesluit) en manlief is haar kosbaarhede. Annetjie se nuutste boek is HAAR ANDER HELFTE.
Vir meer oor haar werk, kliek op haar naam onder SKRYWERS EN BOEKE.

Kommentaar (1)

  1. AntwoordMadelie Human
    Annetjie, ek het gister my boekpakkie met 'Haar ander helfte' gekry. Sal lees en kom vertel ...

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>