Nuwe romanse van Marile Cloete

by Alta Cloete 3 Kommentaar

Marile se romanse  Liedjie vir jou het in Augustus verskyn. Die storie speel in Noorwee af  en probeer ook iets van die atmosfeer van die pragtige land weergee.

Nelleke het die stem,  maar sy het nie die woorde en die musiek nie. Philip het woorde en musiek in oorvloed, maar kon dit nog nooit oor sy hart kry om dit aan iemand anders toe te vertrou nie.  Albei is al wreed ontnugter deur die lewe. Sal hulle weer kan vertrou?

Kommentaar (3)

  1. AntwoordMadelie Human
    Jinne, maar dis mooi! Geen wonder dit het jou geïnspireer om 'n romanse daar te laat afspeel nie.
  2. AntwoordRika Du Plessis
    Regte sprokieswêreld om die liefde daar te laat ontwaak. Geluk, Marile.
  3. AntwoordMadelie Human
    Het dit uiteindelik gelees. Wat 'n fees! Dis my soort storie. Jy het jou kennis van Noorweë en selfs die taal baie goed gebruik sonder om dit soos 'n reisverhaal te laat klink. Ek verwonder my altyd aan jou gemaklike styl en jou wonderlike beheer van onse taal. Baie geluk met 'n baie suksesvolle storie.

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>