Nuut van Marile Cloete – Geur van genade

Kliek op die onderstaande skakel vir ‘n uittreksel uit Marile se eerste enkeltitel (onder haar eie naam – Alta Cloete):

http://marilecloete.wordpress.com/skryfwerk/liefdesromans/geur-van-genade/

Lana van Eeden dra swaar aan haar emosionele bagasie. Daar is die miskraam, die aborsie, die selfmoordpoging. En die depressie. Vyf jaar het sy Marius Jansen se oorheersing toegelaat. Hier by Wilhelm van Zyl op sy uitgestrekte Karoo-plaas is daar geen veroordeling nie, net genade. Sy weet nou daar is ’n pad vorentoe, sy moet hom net kry. Alleen.

Kommentaar (3)

  1. AntwoordMarile Cloete
    Mense, dis nie so 'n depressing boek soos die lokteks dit laat klink nie!!
  2. Antwoordanngert
    Dit klink na 'n boeiende boek. Ek sal dit graag wil lees.Ek hou van psigiese ontginning van karakters. Het jy ooit 'die nes' van Eleanore Baker gelees? so ook 'Die ander Martha'
    • AntwoordMarile Cloete
      Ek is versot op Eleanor se boeke, Annetjie. Het almal gelees, en vir Weerkaatsings (my grootste gunsteling) en Die nes lees ek gereeld weer 'n slag. Het ook onlangs heelwat van haar vroeere liefdesverhale ontdek wat nog onder 'n skuilnaam geskryf is. Oral is haar unieke styl sigbaar en haar aweregse heldinne spreek my in al haar boeke aan.

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>