Volop aspirant-skrywers!

Die skryfkursus wat die afgelope week by Lapa se Kaapse kantoor in die Tygerberg Waterfront gehou is, was ‘n plesierige en leersame geleentheid. ‘n Stuk of sewentien aspirant-skrywers (waaronder twee dapper mans) het saamgekom om meer te leer oor die skryf van romantiese fiksie. Marieta Nel en Elzebet Venter van die kantoor het die kursusgangers ingelig oor die marktendense en algemene aspekte rakende die skryfkuns, terwyl Kristel Loots en Alta Cloete die konsep van die romanse aan hulle bekendgestel het. Petro Rhode, ‘n skywer van die Paarl, het gepraat oor tydskrifverhale en nuttige wenke gegee oor hoe om jou verhale te verkoop, waarvan die belangrikste is om jouself op hoogte te bring van die huisstyl van die tydskrif en om vooraf met die verhaleredakteur te kontak om hulle spesifieke vereistes vas te stel. Tydens die praktiese sessies is daar kreatief gedink en onvergeetlike romantiese helde en heldinne het hul beslag gekry.

Op 9 Julie kom die groep weer bymekaar om die Romanzas te bespreek wat hul intussen gelees het, en om die eerste hoofstuk van hul eie romanse te bespreek en van mekaar te leer.

Dankie aan Marieta en Elzette vir die reel van hierdie heerlike geleentheid (om nie te praat van die lieflike  cup cakes nie!)

Op die foto wat by ‘n beplanningsvergadering geneem is, is vlnr Petro Rhode, Marieta Nel, Alta Cloete en Elzebet Venter. Kristel Loots was die bekwame fotograaf.

Kommentaar (4)

  1. AntwoordPetro Rhode
    Wat 'n wonderlike ondervinding! Julle het my nou aangespoor om my eerste romanse te begin....... groetnis!
  2. AntwoordMarile Cloete
    Kan nie wag nie, Petro!
  3. AntwoordMarile Cloete
    Waar is die ander mense? Is julle al aan die gang? Of minstens lekker aan die lees aan jul Romanza?
    • AntwoordMadelie Human
      Jip, ons wag vir julle daar by die blog vir beginnerskrywers. Klik sommer hier op die oranje skakel en kom gesels bietjie daar. Vertel ons hoe julle vorder, ons wil graag help. www.madelie.wordpress.com

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>