Boekedag saam met lesers by Setaria Biblioteek

Ons was aangenaam verras met die hoeveelheid lesers wat gekom het om ons te ontmoet. Of dalk het hulle net gekom vir die heerlike middagete wat die dames voorgesit het?Kyk net hoe mooi was die tafels versier! Ons het alte lekker gekuier met sowat veertig lesers. Hier sit ons buite die bib onder die doringbome.

Ons sê baie dankie aan Des, die bibliotekaresse, wat hard gewerk het om die dag ‘n sukses te maak. Ons het heerlik gekuier in die vars Bosveldlug en die lesers was baie beïndruk met die boekpryse (getekende kopieë van ons boeke) wat gelukkige wenners kon kry.

Baie dankie Setaria! Die Romanzaskrywers sal julle onthou.Klik op foto’s om te vergroot.

Kommentaar (5)

  1. AntwoordRika Du Plessis
    Dankie, Madelie, ek sê ook dankie saam met jou vir Desiree en haar helpers.
  2. AntwoordMarile Cloete
    Liewe land, daar is omtrent uitgehang! Maar ons wil meer weet - het julle elkeen 'n woordjie gespreek? Of net informeel gekuier?
  3. AntwoordMadelie Human
    Hulle het ons net gevra om te vertel hoe ons begin skryf het. Hulle het ons goed ondersteun en heelwat boeke gekoop wat die plaaslike boekwinkeltjie vir ons bestel het. Toe ons daar weg is, was hulle nog besig om ywerig mee te ding oor wie eerste beurt gaan kry om van die Romanzas wat ons vir die bib geskenk het, uit te neem!
  4. AntwoordMarile Cloete
    Niiiiice ....
  5. AntwoordRika Du Plessis
    Marile, jy weet nie, maar ek praat so min as moontlik, en dis wat ek gedoen het... so min as moontlik. Toe word vir my gevra vanwaar dan die talent... my antwoord: MY MA! Gelukkig ken die spul my so, en het net gelag! Eintlik is dit die waarheid, my ma het kortverhale geskryf in toeka se jare!

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>