Duet van Magdaleen Walters: Uit twee werelde
Uit twee wêrelde is ’n heruitgawe van Magdaleen Walters se gewildste romanses, Liefde in ʼn teekoppie en Meisie uit die boendoe.
Liefde in ’n teekoppie: Leon von Beneke spot genadeloos met Anja – haar grimering, lang naels, hoëhaksandale. In die bos vererger dit net. Maar hy’s haar tienerheld, haar eerste liefde. Nou lag hy vir haar … én is hy haar niggie se verloofde …
Meisie uit die boendoe: Elspeth weet Nick Kleynhans het haar nie as sy sekretaresse gekies nie. Hy verkies meisies met skraps klere. Sy moet vasbyt, onthou sy’s hier oor die pyplyn sendingstasie toe, en nié in sy strikke trap nie.
Kommentaar (3)