Skryfskool vir liefdesverhale op Potchefstroom

‘n Groep entoesiastiese aspirant-skrywers het verlede week vanjaar se Lenteskool vir liefdesverhale op Potchefstroom bygewoon. Die skryfskool word jaarliks aangebied deur Lapa Uitgewers en die Skryfskool van Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus. Vanjaar is lesings gegee deur prof. Hans du Plessis (skrywer van o.a. verskeie jeugverhale, Inni skylte van die Jirre en Verbrande Paradys), Chanette Paul (skrywer van talle lekkerlees boeke en nou die gewilde Gys-reeks), Sophia Kapp (skrywer van liefdesverhale soos Die Erflating en Die Tuiskoms) en Alta Cloete (skrywer van verskeie Romanza-boeke en Geur van Genade). Charlene Hougaard van Lapa het die praktiese aspekte van die uitgee van ‘n boek gedek en het met die hulp van Mariette Wienekus gesorg dat alles glad verloop.

Indien jy belangstel om self te skryf, hou gerus die Skrywerontwikkeling Blog dop vir meer oor wat die onderskeie sprekers gese het. Google net die woord skrywerontwikkeling om by die blog te kom.

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>