Gesprek met Annetjie van Tonder


1.      Gunsteling boek

Dis nie maklik om net een boek uit te sonder nie, want ek het ’n paar gunstelinge, wat ek graag herlees.

1. Irma Joubert se Verbode Drif, wat oorspronklik as Romanza uitgegee is, is een van die gunstelinge omdat Elizabeth en Izak sulke wonderlike karakters is en die konflik juis in hulle verskille gesetel is. Dan is die oorbrugging van hulle probleme aan die einde so verrassend dat dit die boek, na my mening, uit die genrefiksie lig na die van algemene roman. Die newekarakter, Hansie wat starag is, speel ’n aangrypende rol as tussenganger tussen die held en heldin.

2. André P Brink se Bidsprinkaan, omdat Kupido Kakkerlak met soveel deernis geteken word.

3. Die volgende boeke is ook ou gunstelinge:

The  Alchemist van Paulo Coelho en East of Eden van John Steinbeck.

2. Gunsteling skrywer:

Karel Schoeman. Sy meesterlike hantering van taal en sinskonstruksie. Sy vermoë om beeldend te skryf sodat mens as’t ware verskillende lae oormekaar kry, soos ’n film waarvan die raampies oormekaar lê.

Eleanore Baker. Sy het die hart van ’n vrou verstaan.

3. Rolmodel wat jou skryfwerk betref:

Chanette Paul. Die toewyding waarmee sy skryf, haar liefde vir haar ambag en haar eerlikheid oor haar werk en lewe. Haar groothartigheid om elke ander skrywer ’n plekkie in die son te gun. Haar sagte aanslag op haar medemens.

4. Gunsteling aanhaling:

“Elkeen het ’n paadjie vol dubbeltjiedorings, maar jy is God se kalfie.” Die uur van verlange, W.A. de Klerk. Dit was my voorgeskrewe boek in Graad 11 en ek moes die aanhaling vir eksamen leer, maar dit bly my nog al die jare by.

Lees verder by http://romanzalesers.wordpress.com/boeke/annetjie-van-tonder/annetjie-gesels-oor-haar-werk-en-lewe/

(Die foto’s van Annetjie en haar man is geneem tydens ‘n besoek aan hul seun wat in Japan woon.)

Kommentaar (2)

  1. AntwoordMadelie Human
    'n Puik onderhoud, Annetjie!
  2. AntwoordMarile Cloete
    Ek het heerlik gelees, Annetjie!

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>