Elize Davies oor haar nuutste romanse

Heeltemal seker is my negende romanse en die een wat ek seker die meeste geniet het om te skryf. Ek is getroud met ‘n man wat mal is oor kampeer en diere en wildtuine en die natuur en ek moes teen wil en dank ook lief raak daarvoor. Nou dat ons in verre Engeland sit (en ja, Marile, mens verlang inderdaad meedoënloos terug!) het wildreservate net ‘n vae herinnering geword, maar ‘n oorvloed dokumentêre rolprente vergoed in ‘n klein mate daarvoor. ‘n Wildreservaat as agtergrond vir hierdie boek was dus onvermydelik, en ‘n fotogaaf-held ‘n logiese keuse. Lekker lees!

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>