‘n Duet van Dirna Ackerman!

Dirna Ackermann het al meer as 12 boeke geskryf. Lentelied is ’n heruitgawe van twee van haar gewildste romanses.

Vrydagmeisie

Platsak land Chiara, enigste kind van ’n stinkryk pa, op ’n Klein-Karoo-wildreservaat. Self aangestel en incognito. Want sy moet dringend geld verdien. Die eienaar van die wildplaas is Darian O’Connor, haar amperverloofde se stiefouboet. Patriarg van die familie. Die een wat sê spring en almal vra hoe hoog.

Wederomliefde

Sianka het skaars haar voete op Bosbaai gesit, of haar lewe word op sy kop gekeer. Nie net die ingewikkelde familievete nie, maar veral Hugo Durandt kalwe aan haar netjies beplande bestaan. Alles wat sy tot dusver geglo het, tuimel ineen. Gou besef sy sy’s lankal nie meer in beheer nie.

Kommentaar (2)

  1. Antwoordkristel
    Interessante omslag! Ek hou van die kalerige rug en veral van die 'anderste' hare. Mooi kleure ook. Ek is regtig nie `n kenner nie, maar ek dink Lapa se mense weet wat hulle doen met die buiteblaaie van ons boeke.
  2. AntwoordMadelie Human
    Ek stem, Kristel! Veral die tweeluike en enkeltitels se buiteblaaie is vir my baie treffend. Die van julle wat nog nie hierdie twee boeke van Dirna gelees het nie, kry dit gerus! Ek het albei stories baie geniet. Dirna, jy mag maar skryf, hoor!

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>