Mari Roberts vertel oor die Knysna Lit-fees

Die Litfees is in sy beginnerskoene. Of dit sal grootword, is ‘n ander vraag. Romanza is BAIE BESLIS, nie ‘n boek wat in Knysna gelees word nie.

Heidie Sonnekus, oud-joernalis van RSG, het ‘n onderhoud met my gevoer en ons het meestal oor die proses van skrywe tot waar die boek op die rak verskyn, gesels. Eintlik was dit baie lekker om ‘n klein intieme groepie mense te wees, want die gehoor het sommer lekker saamgesels.

Daarna is ek na die Knysna Gemeenskapsradio, wat blykbaar net in die dorp uitsaai, en Mark The Bullet het met my en Anoeska von Meck, skrywer van Vaselientjie, gesels. Tot hede nou, weet ek nog nie of enigiemand in die dorp weet wat Romanza (hygromans – die Engelse is mal oor die term en kan nie genoeg daarvan kry nie) is en of enigiemand ooit die radio onderhoud gehoor het nie.

Dit was ‘n aangename ervaring. Dit is eintlik hartseer dat so min mense Afrikaans in Knysna lees.

Kommentaar (1)

  1. AntwoordMadelie Human
    As jy elke jaar jou ding by die lit-fees doen, sal jy hulle so stadig maar seker wen. Doe zoo voort!

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>