Bets gesels oor Katinka se grotman

Hierdie storie is gebaseer op die liefdesverhaal van ‘n goeie vriendin en kollega se dogter. Die meisiekind is beeldskoon, (regtig) en bitterlik slim (ses onderskeidings oa in Wiskunde en Natskei), maar het wat mansvriende betref die domste keuses gemaak. Pas nadat sy as aktuaris gekwalifiseer het, het haar verhouding met ‘n jongman wat haar geestelik afgeknou en haar selfbeeld afgekraak het, genadiglik doodgeloop.
Toe kry sy die aanstelling in ‘n Afrikaanse firma. Haar direkte hoof (nou haar man) het na haar eerste dag by die werk huistoe gegaan en sy ouers vertel hy het sy trouvrou ontmoet. Die familie het raad gegee en voorstelle gemaak en het elke Sondagaand kajuitraad gehou oor sy vordering. Die sage van sy pogings het by hul huweliksonthaal as ‘vervolgverhaal’ die heildronke en toesprake afgewissel – tot groot vermaak van die gaste!
Die slimkop was nie die bloudruk vir my heldin nie, maar haar storie was wel. Katinka het in Die Verste Ster die eerste keer die lig gesien as Mieke se vriendin.

Kommentaar (1)

  1. AntwoordMadelie Human
    Kan nie wag om die storie te lees nie!

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>