Dina gesels oor Griekse Vuur

Volgens Wikipedia is “Griekse vuur” in die tweede helfde van die 7de eeu deur die Bisantyne ontwikkel en in chemiese oorlogvoering gebruik. Die presiese bestanddele vir die bom was ‘n goed bewaarde geheim, maar ons weet vandag dat dit onder andere ongebluste kalk, ru-olie en swawel bevat het. Wat dit egter uniek gemaak het was die feit dat dit ook op water kon brand. Dus: Niks, nie eers water kon die vuur wat dit aangesteek het, blus nie.

Toe ek die eerste keer die woorde raakgelees het, het dit natuurlik dadelik my kreatiewe denke aan die werk gesit. Ek het die volgende twee hoofkarakters geskep: My held, Ares Papadopoulus, is ‘n volbloed Griek met ‘n geslagsregister wat terug dateer tot in die Antieke geskiedenisboeke. My heldin, Athena Beukes, is ‘n dertigjarige skoolhoof wat goed op pad is om ‘n oujongnooi te word. Sy is sinies oor die lewe, skepties oor die liefde en het geen plek of nut vir ‘n man in haar lewe nie.

Nou ja! Wat kan opwindender wees as ‘n uiters aantreklike Griek wat die bloed in ‘n potensiële oujongnooi se are spontaan verwarm en selfs in iets groot en onblusbaar verander? Aldus – Griekse Vuur.

Kommentaar (1)

  1. AntwoordBets Smith
    Baie oorspronklik, wat titel, idee en name betref! En tipies van hoe die kreatiewe proses werk: lees iets interessants raak wat glad nie verband hou met die liefde nie, en abrakadabra!!! daar het jy 'n idee vir 'n storie. Dit klink 'n heerlike ene, Dina.

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>