Nuut van Madelie Human!

Alle Madelie Human fans kan in Junie Halsoorkop by hulle versameling voeg!

Beth Gericke is ’n syferkop, ’n mens vir geordende feite en is boonop uiters professioneel, eintlik ’n alleenmens. Maar wat haar kollegas nie weet nie, is dat sy ’n geheime swakheid het. Nee, eintlik  twee swaktes: sy is gek na mooi, fyn onderklere en boonop is daar ’n lang, donker man wat haar snags in haar drome ontmoet.

Toe sy eendag daardie einste droomman in lewende lywe raakloop en boonop saam met hom in ‘n hysbak vasgekeer is, skrik sy letterlik haar asem weg. Dis toe dat dinge in Beth se lewe omgekeer raak. Haar geordende bestaan verander skielik in ‘n halsoorkop warboel wat haar saam met die man van haar drome in ‘n totaal nuwe wentelbaan plaas. Maar net toe sy begin dink sy het geluk gevind, bars ‘n bom en is als weer onderstebo.

Kommentaar (4)

  1. AntwoordHeidi
    Kan nie wag om die een te lese te kry nie.
    • AntwoordMadelie Human
      Dankie, Heidi! Hierdie boek lê my na aan die hart en is spesiaal vir my dierbare dogter geskryf!
  2. AntwoordHeidi
    Nou's ek eers opgewonde!

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>