In Junie: Nuut van Rika du Plessis!

Nog ‘n opwindende nuwe boek in Junie. Maak seker om hierdie nuwe werk van Rika ook op jou boekrak te hê!

Kayla se erfenis
Kayla kom op haar bosveld erfplaas aan en is vuur en vlam om groot dinge daar te doen. Sy ontdek egter ‘n indringer op die plaas wat al vir maande daar wegkruip.  Weens sy bos baard herken sy hom nie dadelik nie, maar toe sy hom wel herken, is sy geskok. Hy was haar kunsonderwyser op universiteit en hy het haar – wat erg verlief op hom was – voor ‘n hele klomp studente erg verneder.

Kommentaar (10)

  1. AntwoordMadelie Human
    Ah! Rika, ons sien uit daarna. Ek is seker die versamelaars gaan spring om jou drie en sestigste boek in die hande te kry. Het ek die getal reg?
  2. AntwoordRika Du Plessis
    Nee, Madelie, dit is nr. 61. Nr. 62 is mos deur Hartbees aanvaar en kom nog. Nr. 63 is al gebad en aangetrek, maar nog nie in sy tjalie nie! :P
  3. AntwoordLise en sus
    Hi Rika, dit is lekker om te sien daar is weer 'n romanza van jou op pad. Ek en my sus sal hom beslis koop. Sjoe, dit is 'n baie mooi foto op die boek, dit lyk sommer soos 'n regte heldin.
  4. AntwoordElsa Winckler
    Sjoe Rika, dis wonderlik!
  5. AntwoordRika Du Plessis
    Baie dankie, Lise en ook dankie vir jou sus. Ek hoop julle is tevrede met hom.
  6. AntwoordRika Du Plessis
    Dankie, Elsa!
  7. AntwoordJenny
    A nee a, tannie Rika, hoekom moet ek op jul lesersblog lees van die nuwe boek wat in Junie verskyn? Tannie moet onthou ek koop al Tannie se boeke en wil graag vooruit daarvan weet. Toemaar, ek raas sommer, sien uit na Kayla se erfenis.
  8. AntwoordRika Du Plessis
    Sjoe, kry ek nou raas! Skies, Jenny, dit was bietjie woes die afgelope tyd hier. Ons was met vakansie en ek kom nou eers weer behoorlik by. Sal nie weer vergeet nie. Hoop jy geniet Kayla! Groete vir jou ouers.
  9. AntwoordLinelle Venter
    63 boeke!! Dit is mos hoe dit moet gedoen word. BAIE geluk, Rika.
  10. AntwoordRika Du Plessis
    Dankie, Linelle, maar julle outjies is nog lekker jonk en kan met gemak tot jul my ouderdom het daar verbysteek. Ek het maar in 1995 eers begin skryf. Julle is reeds so vol idees en sprankel behoorlik.

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>