Leesstof vir oud en jonk

Dis interessant dat Romanza besonder gewild is by ouer lesers. En dis nie net die tannies wat dit geniet nie! Hier geniet tannie Ria Visser (89) van Rusoord in die Paarl vir Net vriende deur Alma Carstens. Tannie Ria lees elke week ‘n Romanza, al gaan dit stadig so met die vergrootglas en die oë wat maklik vermoeid word.
Romanza se verhale is modern, maar nie té modern vir ouer mense nie. Die feit dat die boeke lig is en die drukwerk relatief groot is, maak dit ook makliker om te lees. Die positiewe aard van die stories maak dit natuurlik ook ideaal vir bejaardes wat verswakte gesondheid en verminderde beweeglikheid die hoof moet bied.
Voorwaar ‘n inspirasie vir ons skrywers!

Kommentaar (5)

  1. Antwoordrykieroux
    Dis 'n pragtige inspirerende foto, Marile. Ek wonder of eboeklesers nie die lewe baie makliker gaan maak vir swaksiende lesers nie. Jy kan mos daarop die teks so groot maak soos wat jy wil en inderwaarheid, jou eie grootdrukboek maak. Die koste van die lesers is op die oomblik nog 'n probleem. Hulle is deksels duur, veral vir pensioenarisse wat dit nie te breed het nie, maar ek glo hulle sal al hoe goedkoper raak.
  2. AntwoordRika Du Plessis
    Regtig 'n baie mooi foto, Marile. Julle sal julle werklik verstom as julle weet hoe graag die oumensies die Romanza's lees. Dit het ek al 'n paar keer met my eie oë gesien die kere wat ek 'n tannie van my in die tehuis gaan besoek het.
  3. AntwoordAnnetjie van Tonder
    Ditis tog te wonderlik om te weet oud en jonk geniet Romanza.
  4. AntwoordMadelie Human
    My ma (78) en haar vriendinne kan gewoonlik nie wag dat ek die nuwe Romanzas vir hulle neem in Rustenburg se Huis Sering nie. Hulle sê die effens groter druk is darem nog leesbaar vir die meeste van hulle en die klein formaat is glo lekker gemaklik om vas te hou vir ou rumatiekhande wat nie meer so lekker raakvat nie.
  5. AntwoordAlma Carstens
    Wonderlik! Al verouder die uiterlike, bly die innerlike mos altyd jonk en daarom skryf ons liefdesverhale vir almal... baie bly bejaardes geniet ons boeke en dat hulle dit in die hande kan kry.

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>