Spanningsroman van Bets Smith!

Skrikkelmaan is die bekende Romanzaskrywer Bets Smith se eerste spanningsroman en sal vanaf September in alle goeie boekwinkels en op die internet beskikbaar wees.

Beáte is die alleenerfgenaam van ’n sakeryk ná haar pa se noodlottige motorongeluk. Maar sy kan nie toegee aan die liefde wat soos volmaan op haar lewenshorison kom hang nie – sy gaan nie lank genoeg lewe nie.

Kommentaar (7)

  1. AntwoordChanette Paul
    Geluk, Bets! Pragtige omslag ook. Hoop dit word sommer gou 'n topverkoper.
  2. AntwoordMarile Cloete
    Baie geluk, Bets - mag dit die eerste van vele wees!
  3. AntwoordBets Smith
    Dankie, julle twee! Dit sal voorwaar nie die omslag se skuld wees as die boek nie verkoop nie.
  4. AntwoordElsa Winckler
    Oe, Bets, ek kry behoorlik hoendervleis - baie geluk, dis wonderlik!
  5. AntwoordAnnetjie van Tonder
    Jou ou doring! Ek dink dit gaan 'n topverkoper wees. Geluk.
    • AntwoordBets Smith
      Dankie vir die goeie wense, Annetjie en Elsa. Julle moet maar duim vashou.
  6. Antwoordlendewaal
    Baie geluk, Bets! Dit klink na 'n baie lekker boek om te lees.

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>