Voltooide sirkel: Die idee agter die storie

Madelie Human vertel:

Ek het nog altyd gewonder hoe ‘n persoon wat op een van ‘n identiese tweeling verlief raak, werklik weet aan watter een van die twee sy hart nou eintlik behoort. In Voltooide sirkel het ek daardie vraag vir myself probeer beantwoord.
Hierdie storie het nogal ‘n lang pad saam met my geloop. Ek het gevoel ek wil ‘n bietjie dieper delf in my karakters en hul lewens en het die boek aanvanklik beplan as ‘n liefdesroman. Menige romanseskrywer kom die een of ander tyd op ‘n stadium wat sy voel sy wil aanbeweeg en iets skryf met ‘n ietsie meer om die lyf. Ek ook. Hoewel Lapa hierdie storie as baie dieper as my ander werk beskou, kon ek maar nie regtig heeltemal wegbeweeg en die fokus van die verliefraakproses wegneem nie. Dus: hier is hy nou as ‘n lekker verliefraakstorie met ‘n dieper kykie in die harte van Riëtte en haar held, Henning. Hoop julle geniet dit!

Kommentaar (1)

  1. Antwoordlendewaal
    Sien uit daarna, Madelie!

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>