Nuut van Rika du Plessis!

Walda verloor haar werk en besluit om haar ouma se erfenis in die vorm van ‘n gastehuis in die Wildernis te gaan heropen.

Sommer die eerste dag daar maak sy weer kennis met Ben toe hulle voertuie bots. Hulle  was  eens verloof, maar vir haar lyk dit asof hy met opset maak of hy haar nie kan onthou nie.  Uit pure ergernis besluit sy om eers saam te speel. Sy oord is net langs hare  en daar volg  baie kopstampe gepaard met kolkende emosies.

Dis ‘n stryd vir haar om so naby aan hom te bly, want sy het hom nog net so lief soos jare gelede. Hy stel egter duidelik nie belang om weer met haar ‘n verhouding te begin  nie en  boonop is die beeldskone Lerina ook in sy lewe.

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>