Die oorsprong van die storie!

Bernette Bergenthuin vertel waar Glansheld en die koerantprinses vandaan kom:

Hier moet my kleinboet die eer kry! Gewoonlik is seuns mos behep met rugby en krieket, maar boetie se passie is swem en so het hy vir my ook ‘n nuwe wêreld oopgemaak. Galas, intensiewe oefenprogramme, swem op TV, pieknieks terwyl ons kyk hoe hy oefen, spesiale diëte en legendariese swemtoere het my verbeelding aangegryp. Tydhou by Provinsiale galas was geen opoffering nie want tussen die perfekte lywe, die reuk van sonskerm en braaivleis en die adrenalien wat tasbaar oor die blou-blou water hang, het my verbeelding stories saam geflans.

‘n Vakansie in Mosambiek het my verbeeldingsvlugte in ‘n rigting gedwing en voor ek my weer kom kry was ek saam met ‘n swem-legende en ‘n girl-next-door in ‘n 4×4!

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>