Dina Botha gesels oor haar nuutste boek!

by Linelle Venter 0 Kommentaar

DinaVertel ons ietsie oor Boks vol soentjies..

Mens is so geneig om etikette om iemand se nek te hang, veral wanneer jy hoor watse tipe werk hy doen . Daarom het ek ’n karakter geskep wat alles behalwe die grotman tipe is. Jonker is ’n bloemis. Hy werk heeldag met blomme en weet hoe om ’n vrou goed te laat voel. Hy is saggeaard en bedagsaam en gee nuwe betekenis aan die woord romanties – sonder om ’n greintjie van sy manlikheid in te boet.

Toe my heldin, Celeste, verjaar gee hy vir haar ’n ‘herinnering aan haar oorlede ouers’ as ’n geskenk. Hy gee vir haar blomme wat iemand spesiaal  in die Drakensberge gaan pluk het . Hy trotseer  ’n tornado net om by haar te wees.  En as ’n man so mooi en sag met delikate blomme kan werk hoe sag sal hy nie met ’n vrou kan werk nie? Na my mening: Definitief ’n man oor wie ek kan droom.

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>