Ida vertel meer oor Teken van sy liefde

Ida BesterMy ma het vertel dat een van my eerste woorde “appelskoel” was (my weergawe van skoenlapper).

En die fladderende wonders het hul bekoring vir my behou tot ek al mooi groot was. Ek het met skoenlapperversameling begin en aan die Lepidopterist Society behoort, waar hulle ons geleer het hoe om skoenlappers te identifiseer en behoorlik te etiketteer. Ek het later my versameling vir die Nasionale Museum in Pretoria gegee.

My heldin in Teken van sy liefde werk by hierdie einste museum. Sy gaan neem deel aan ‘n skoenlappersensus in Namibië waar die stil, sterk hoof van Natuurbewaring haar voete onder haar uitslaan. En hier kom ‘n tweede groot geboeidheid van my ter sprake, naamlik my liefde vir hierdie fassinerende buurland van ons.

Ek het hierdie romanse beplan tydens die voltooiing van Jeanette Ferreira se aanlynskryfkursus en die beplanning asook die eerste hoofstuk onder haar leiding verfyn. Die kursus het vir my oneindig baie geleer van styl en karakterisering, fokalisering en vele ander aspekte van die skryfkuns.  As ek tog net alles kan onthou terwyl ek skryf …

 

Kommentaar (1)

  1. AntwoordMadelie Human
    Ida, ek kan nie wag om hierdie skryfsel van jou te lese te kry nie. Ek het 'n deeltjie van jou skoenlapperversameling gesien en dink dit moet ’n fassinerende stokperdjie wees. Dis van die mooiste skepsele van God, is dit nie!

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>