Uitdaging!

by Monique 5 Kommentaar

Liewe lesers

 

Na aanleiding van gister se liefdesverklaring, het ek ‘n die volgende kommentaar gekry van ‘n man op Facebook:

Daniel Malan: Pragtig geskryf, Monique! Laat ek dan maar bieg: ek lees bitter min fiksie van enige aard en NOOIT liefdesverhale nie. Ek het in my (baie) jong jare een of ses romans gelees en dit toe maar daar gelaat. Ja, dis die voorspelbaarheid, die tekort aan “diepte” en die eendersheid van die stories wat my tot die dood toe verveel. Maar jy roep vir ‘n revolusie wat selfs ons manne insluit! Dalk is dit dan nou tyd dat jy aan my een besondere titel voorstel om te kyk of die genre in sy “nuwe” klere wel aan my hartsnare kan pluk… ek is bereid om dit ‘n goeie “go” te gee.”

As iemand dan so mooi vra om deel te wees van die Revolusie, dan moet ons seker sorg dat ons, ons bes doen om hom nie teleur te stel nie!

 

Nou vra ek voorstelle van titels uit die Romanzes wat ons aan hom kan voorstel. Asb. laat waai met jul idees. Hou in gedagte dat hy jonk van gees, intelligent en ‘n “sucker” vir die liefde is, maar steeds manlik.

 

Klink na ‘n heerlike uitdaging! Hou ook vandag die blad dop – ek plaas die eerste van ons nuwe September Romanzas.

 

Ek sien uit na jul reaksie!

 

Met liefde

Monique

 

Kommentaar (5)

  1. Antwoordtheaholland
    Wat van een van Magdaleen Walters se boeke?
    • AntwoordMonique Bisschoff
      Klink goed, Thea. Het jy enige spesifieke titel wat jy dink kan werk?
      • Antwoordtheaholland
        Jammer, maar nee - ek het haar boeke in biblioteke (meervoud, want ek het n bietjie rondgetrek die laaste paar jare) raakgeloop, en kan om die dood nie die titels onthou nie.
        • AntwoordSusan
          Ek stel voor "My hart as pand" van Magdaleen Walters. Dit was twee maande gelede se klub boek. Ek het dit gelees en dis 'n pragtige verhaal.
  2. AntwoordMonique Bisschoff
    Dankie, Thea en Susan. Ek gaan dit voorstel. Ek het ook intussen aan 'n paar lekker titels gedink. Hopelik kan ons hierdie mannetjie "bekeer"! :-)

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>