Heerlike Romanzas in Maart

MAN MET INTEGRITEIT – Dina Botha

Samantha, ’n joernalis, word onder valse voorwendsels die onweerstaanbare modeontwerper Streiger se assistent. Haar redakteur se opdrag was dat sy besonderhede oor hom moet uitvis vir ’n artikel. Maar Samantha verloor haar hart op hom …

Man met integriteit

EINDELIK LIEFDE – Marilé Cloete

Schalk en Anke is voëls van eenderse vere: albei onafhanklik, albei beroepsgedrewe. En albei het al seergekry. In Leipzig kom allerlei verborge vrese en drome na vore. En in Noorweë moet hulle ’n besluit neem.

Eindelik liefde

 

TWEE MAAL SO LIEF – Frenette van Wyk

Beaudine keer terug na die wildplaas waar sy die man wat sy liefhet aan ’n ander vrou afgestaan het. Hier kom sy voor hom in ’n rolstoel te staan, die ander vrou steeds aan sy sy.

Twee maal so lief

 

DOKTER IN DIE CAPRIVI – Trudy Reinhardt

Andrea verstaan nie waarom die nuwe dokter wat by die boshospitaal begin werk het haar so kil behandel nie. Maar eintlik pas dit haar want sy maak nie vir ’n man aan haar sy voorsiening nie.

Dokter in die Caprivi

 

 

Ek gaan lekker lees.

Kyk uit vir ‘n paar proestukkies…

Liefde

Monique

 

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>