Woord en Wingerd

Peet Venter, Martin Steyn  en Henk Breytenbach, die drie musketiers van spanningsromans, tree Donderdag 23 April 2015 by Woord en Wingerd op.

11165226_809948669059240_3300942775082488359_n

Hulle gesels graag oor…

PLASENTA – Peet Venter

Plasenta (hoëres)

Die vierde roman in die Thys Krige-reeks van hierdie voorste misdaadskrywer in Afrikaans. Hierdie keer bevind Krige hom in Ciprus en dit is plasenta wat gedeelde gene dra wat om wraak en geregtigheid roep. Lees gerus meer oor die Thys Krige-reeks: https://romanzalesers.wordpress.com/2015/04/08/peet-venter-en-thys-krige/

SKULDIG – Martin Steyn

Skuldig

Hoekom word middeljarige mans in hulle huise tereggestel, ná hulle SKULDIG in hulle eie bloed teen die muur moes skryf? Hoeveel name is op die moordenaar se lys? Steyn volg hiermee sy misdaadroman Donker spoor op.

KODENAAM ICARUS – Henk Breytenbach

Kodenaam Icarus

Vic was een van die gevreesde manne wat voor 1994 “ongewenstes” moes “uithaal”. Hierdie opdragmoorde haal hom nou in. En daar bo sit manne uit die ou en die nuwe era wat baie te verloor het.

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>