LENTESKOOL VIR SKRYWERS VAN ROMANTIESE FIKSIE

Lenteskool - Save the date

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met die liefdesverhaaluitgewer LAPA, bied van Donderdag 3 tot Saterdag 5 September 2015 ‘n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan. Bekende en bekroonde skrywers van romantiese fiksie, naamlik Kristel Loots en Alta Cloete (Marilé Cloete, skrywersnaam vir Romanza),  asook die LAPA-uitgewers Marlies Haupt en Cliffordene Norton, tesame met Franci Greyling en Bernard Odendaal van die ATKV-Skryfskool, tree as gespreksleiers op. Liefdesverhaalsoorte soos die romanse en liefdesroman kom onder die loep.

Katerina se mojo (Hoëres) Eindelik liefde

Hierdie twee-en-‘n-halfdag-geleentheid, aangebied op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, is ‘n praktiese slypskool vir enigiemand wat ‘n liefdesverhaal wil skryf. Die inskrywingsgeld daarvoor beloop R2 750 per persoon. Dié bedrag dek ook deelverblyf in selfsorgeenhede by die PUK Astro Villa, middagetes, oggend- en middagpouseverversings en ‘n boekbekendstellingsfunksie op Vrydagaand 4 September. ‘n Beperkte hoeveelheid verblyfplekke is beskikbaar (skakel vir meer besonderhede).

Opdrag van oorkant

Verskyn in Augustus 2015

Voornemende kursusgangers moet ‘n kortverhaal met ‘n romantiese strekking (ongeveer 1 500 woorde) of ‘n eerste hoofstuk (nie meer as 3 000 woorde nie) van ‘n liefdesverhaal voor die sluitingsdatum vir inskrywing op Vrydag 21 Augustus 2015 aanstuur na Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za.

Wil jy die kursus bywoon?

Skakel dan dadelik vir Kobie van Aswegen by 018 299 1783, of by bogenoemde e-posadres.

Kom leer onder die leiding van mense wat weet!

Kommentaar (1)

  1. AntwoordWillie Olivier
    Baie goeie terugvoering gekry van vorige kursus gangers, kan nie wag om dit by te woon nie

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>