VAN WAAR DIE INSPIRASIE: Sy liefdesplan

by Romanza 3 Kommentaar

Ronelle Uys praat oor hoe sy haar eerste Romanza, Sy liefdesplan geskryf het.

sy liefdesplan_hoë res

Jong, Sy liefdesplan het ’n lang pad gekom. Ek het al 4 jaar gelede die eerste 4 hoofstukke geskryf. Ek het baie gesukkel om my eie skryfstyl te ontwikkel en het ’n manuskrip ontwikkelingskursus gedoen. Toe het ek in 2014 ernstig begin skryf. So dis ’n storie wat baie lank deel was van my lewe. Ek het nie eintlik ’n muse nie. Maar wat ek wel kan sê is dat die storie hom later self geskryf het.

Kommentaar (3)

  1. Antwoordharold
    Waar word `n manuskrip ontwikkeling kursus aangebied? Kan iemand my sê. Dit is Kaapstad omgewing
  2. AntwoordMadelie Human
    Harold, daar is verskeie kursusse. Gaan kyk gerus op my blog onder "SKRYFSKOLE" word twee geadverteer. Terloops, ek het manuskripontwikkeling met Ronelle gedoen. https://skrywerontwikkeling.wordpress.com/2015/06/09/skryfkursus-2/
  3. Antwoordkristelloots
    Goeie plan. Sonder om jou huis te verlaat. Of ... pak jou tassies vir Potchefstroom, Harold. En pas so sommer `n vakansietjie ook in. Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met die liefdesverhaaluitgewer LAPA, bied van Donderdag 3 tot Saterdag 5 September 2015 'n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan. Bekende en bekroonde skrywers van romantiese fiksie, naamlik Kristel Loots en Alta Cloete (skrywersnaam Marilé Cloete), asook die LAPA-uitgewers Marlies Haupt en Cliffordene Norton, tesame met Franci Greyling en Bernard Odendaal van die ATKV-Skryfskool, tree as gespreksleiers op. Liefdesverhaalsoorte soos die romanse en liefdesroman kom onder die loep. Hierdie twee-en-'n-halfdag-geleentheid, aangebied op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, is 'n praktiese slypskool vir enigiemand wat 'n liefdesverhaal wil skryf. Die inskrywingsgeld daarvoor beloop R2 750 per persoon. Dié bedrag dek ook deelverblyf in selfsorgeenhede by die PUK Astro Villa, middagetes, oggend- en middagpouseverversings en 'n boekbekendstellingsfunksie op Vrydagaand 4 September. 'n Beperkte hoeveelheid verblyfplekke is beskikbaar (skakel vir meer besonderhede). Hierdie twee-en-'n-halfdag-geleentheid, aangebied op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, is 'n praktiese slypskool vir enigiemand wat 'n liefdesverhaal wil skryf. Die inskrywingsgeld daarvoor beloop R2 750 per persoon. Dié bedrag dek ook deelverblyf in selfsorgeenhede by die PUK Astro Villa, middagetes, oggend- en middagpouseverversings en 'n boekbekendstellingsfunksie op Vrydagaand 4 September. 'n Beperkte hoeveelheid verblyfplekke is beskikbaar (skakel vir meer besonderhede). Voornemende kursusgangers moet 'n kortverhaal met 'n romantiese strekking (ongeveer 1 500 woorde) of 'n eerste hoofstuk (nie meer as 3 000 woorde nie) van 'n liefdesverhaal voor die sluitingsdatum vir inskrywing op Vrydag 21 Augustus 2015 aanstuur na Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za. Wil jy die kursus bywoon? Skakel dan dadelik vir Kobie van Aswegen by 018 299 1783, of by bogenoemde e-posadres. Kom leer onder die leiding van mense wat weet!

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>