VAN WAAR DIE INSPIRASIE: ONBEREIKBAAR VER

by Romanza 0 Kommentaar

Anna Penzhorn gesels oor wat ONBEREIKBAAR VER geïnspireer het

onbereikbaar ver_high res

Dis nooit vir my maklik om die oomblik of insident wat my tot die skryf van ’n storie geïnspireer het, vas te vang nie. Meestal is dit ’n sameloop van gebeure, ’n interessante karakter of insident wat soos ’n saadjie ontkiem. Hoe lank hierdie ontkieming kan duur, is onvoorspelbaar – maande, selfs jare. In ONBEREIKBAAR VER het dit vir my gegaan oor emosies wat in die hoofkarakters se kinderjare hul oorsprong het. Gevoelens vlam op wanneer hulle besef daar was en sal ook nooit vir albei van hulle ander wees wat die behoefte aan opregte liefde kan vervul nie. Daar is ook die verwikkelde verhouding tussen susters, byna ’n soort liefde-haat-verhouding omdat bloed kruip waar dit nie kan loop nie. Dit is ook vir my interessant hoe die lewensloop van dié  naaste aan ’n karakter, daardie karakter se lewe kan beïnvloed. Daleen se verslaafde suster, lei daartoe dat sy met haar jeugliefde herenig.  Die bevrediging lê daarin om die karakters te laat ontwikkel tot volwassenheid juis as gevolg van moeilike omstandighede. Ek vind ook die Bosveld as milieu inspirerend omdat die omgewing gebruik kan word om ‘n bepaalde atmosfeer te skep.

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>