VAN WAAR DIE INSPIRASIE: Byvoordele gewaarborg – Elsa Winckler

by Romanza 1 Kommentaar

Elsa Winckler vertel van die inspirasie agter Byvoordele gewaarborg.

byvoordele gewaarborg_voorblad_high res

Ons bly in Bettysbaai. Hier is jy altyd bewus van die natuur.  Van die dinge wat ons bekoor, is die bruin bokkies wat party aande gesig wys, die ystervark wat kom kuier, die fisante wat op die stoep kom skuil teen die wind. En as jy baie gelukkig is, vind jy soms ’n skilpad op jou werf.

ghnw20130131-113325-498

Een oggend op pad Kleinmond toe, sien ek ’n skilpad aansukkel oor die teerpad en ek sien ’n aankomende motor wat baie vinniger aangejaag kom as wat hy veronderstel is om te ry. Net daar hou ek stil, en klim uit om die arme ding oor die pad te help. Dit was die mooiste dag, die see persblou, die berg hoog en mosgroen en net daar, in die middel van die pad, begin ek wonder – sê nou net … 🙂

Kommentaar (1)

  1. Antwoordkristelloots
    Ai, Elsa, hoe mooi beskryf jy jou plek en jou inspirasie.

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>