Kan jy emosie op papier sit?

Is jou heldin al ’n vriendin? Is jou held jou droomman?  Kan jy emosie op papier sit? Kry nou leiding om daardie romanse te skryf waaroor jy lankal droom.

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit bied ’n kompetisie vir voornemende skrywers van romantiese fiksie aan. Die wenner van dié kompetisie sal die Lenteskool van 8 − 10 September 2016 by die ATKV-Skryfskool op Potchefstroom GRATIS kan bywoon.

Indien jy vir hierdie prys in aanmerking wil kom, moet jy

  • verklaar dat jy nog nie voorheen ’n romanse gepubliseer het nie;
  • en ’n eerste hoofstuk (sowat 5 000 woorde) van ’n romanse met jou inskrywingsvorm aan ons by onderstaande e-posadres stuur om ons op die laatste op Maandag 1 Augustus 2016 te bereik.

Inskrywingsvorms kan aangevra word by Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za of by 018 299 1783.

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>