SuperRomanza: Romanza se ou sus

seldsame man

Romanza-lesers het laat weet hulle wil graag langer en meer verwikkelde romanses hê. Daarom stel LAPA Uitgewers graag die nuwe SuperRomanza-reeks bekend.

Ons het in Februarie 2016 afgeskop met Dina Botha se Stem in die wind, en Julie verskyn die tweede in die reeks, Seldsame man deur Bets Smith.

 

Die SuperRomanza-reeks gaan uit en uit oor vandag se vroue in die modern wêreld. Kwessies word aangespreek waarmee hedendaagse vroue worstel, veral wat verhoudings betref. ’n Gelukkige einde is ononderhandelbaar.

Gewilde en geliefde romanse-skrywers het onderneem om vir hierdie reeks te skryf.

In Oktober 2016 sal Suikersoetsonde deur Dina Botha verskyn, en deur die loop van 2017 wag daar nog heerlike SuperRomanzas vir ons lesers.

Romanza-klublede kry SuperRomanzas teen 50%-korting. Die gewone prys is R200,00, maar klublede sal dit kan koop teen R100!

Sluit hier aan by Romanza-klub: https://www.lapa.co.za/Romanza/Romanza-klub

dina-botha-supperromanza

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>