Sterk karakters en ander verrassings – Mandie Human

Kate Duvenhage is sak en pak op pad terug na Malansrus. Sy gaan in haar oorlede ouma se huis, Rosendal, bly. Maar dan loop sy weer vir Janneman Malan raak. Die een wat as kind altyd haar broer van haar af wou wegvat en grensloos geïrriteer het. Daar is egter ʼn hele paar ander verrassings wat op haar wag en ʼn kontrak wat haar hele lewe kom verander.

Kate Duvenhage is ʼn rustige karakter met groot drome en ʼn plat op die aarde geaardheid. Elke leser kan beslis met haar identifiseer omdat daar in elkeen van ons ʼn rustigheid skuil en omdat elke leser ook ʼn droom het. Janneman Malan is ʼn sterk held wat vir baie opwinding sorg en die leser se knieë behoorlik lam maak. Ronelle Uys het ook daarin geslaag om die newe-karakter, Mavis, met oortuiging oor te dra en haar bydra tot hierdie Romanza is ongelooflik en vul die storielyn goed aan.

Koop Sy liefdesplan hier: https://www.lapa.co.za/fiksie/romanza/sy-liefdesplan/sagteband

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>