Bederf jouself met Romanza se nuwe geLiefde

LAPA Uitgewers is baie trots op ’n splinternuwe toevoeging tot ons Romanza-reeks. RomanzaLiefde is vanaf 28 November in geselekteerde Checkers, Clicks, Spar en CNA te koop. Dit is gemik op lesers van  romantiese fiksie en sal kwartaalliks beskikbaar wees.

RomanzaLiefde bevat nie minder nie as drie liefdesnovellettes en een bonuskortverhaal. Dit is ’n uiters bekostigbare produk en lesers kan dit in die motor, op die Gautrain, op die bus of in ’n taxi op pad werk toe lees.

romanzaliefde_logo

Die eerste uitgawe bevat verhale deur geliefde skrywers soos Bernette Bergenthuin, Madelie Human, Dina Botha en Joanna Alexander, wenner van die Kuier/LAPA/PEN Afrikaans-kortverhaalkompetisie 2015.

Loer gerus skelm! So lyk die binnekant:

  • Kersie bo-op − Bernette Bergenthuin: Marcelle se lieflingtante skryf haar in om deel te neem aan die werklikheidsprogram Baas-van-die-plaas. Eers is sy woedend, maar nadat sy Basjan Rademan ontmoet het, moet sy erken dat haar tante dalk van beter weet.
  • Toe-oë afspraak − Madelie Human: Die blinde skrywer JJ Jooste se suster stel vir hom ’n assistent sonder sy medewete aan. Eers wil hy niks van dié afspraak weet nie, maar Martinet mag dalk net die vrou van sy drome wees.
  • Liefde met die eerste oogopslag − Dina Botha: Anele aanvaar Devan Steward se onweerstaanbare aanbod om sy private boekversameling uit te sorteer. Onder sy dak leer ken sy die man agter die ongeduldige kliënt en sy verloor haar hart op die ware Devan.
  • Sluimerende liefde − Joanna Alexander: Kan Nicky en Jacques aanbeweeg ná die tragedie in hul verlede, of is die tyd vir hul liefde verstreke?

 

Kommentaar (1)

  1. AntwoordNadine de Beer
    Goeie dag Waar kan ek die eerste uitgawe van Romanza liefde bestel? Groete Nadine de Beer

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>