Leef in die oomblik – Elsa Winckler

31611_LAPA_BewustelikJoune_proof2

Twee verskillende artikels oor twee totaal verskillende onderwerpe, het aanleiding gegee tot Bewustelik joune – die een was ’n artikel oor bewustelikheid (mindfulness) en die ander oor die ultra-atleet, Ryan Sandes. (Dat laasgenoemde my enigsins fassineer, is veral vreemd, ek doen hoegenaamd niks wat my laat sweet nie J)

Die hele idee van mindfulness het my geweldig interesseer, en ek het alles oor bewustelikheid gelees wat ek in die hande kon kry. Ek het letterlik ure lank sit en kyk na videos van Jon Kabat-Zim, die persoon wat die idee van bewustelikheid onder westerlinge bekend gestel het.

En so het die heldin van Bewustelik joune, Kris le Roux stadig maar seker vorm gekry.

Ons leef in so ’n besige wêreld, baie van ons werk van die huis af en daar is nie meer ’n gedeelte van die dag wat jy opsy sit om te ontspan nie. Kabat-Zim reken ons moet meer ‘in die oomblik leef’. Aan gister en more kan ons niks doen nie, wat ons het, is hierdie oomblik waarin ons nou is.

Meditasie is die gereedskap wat hy gebruik om mense te leer om stil te raak, hulle gedagtes stil te maak. Dis moeilik, allerhande ander gedagtes wil gedurig inbreuk maak, nooi elke gedagte in, maar probeer weer fokus op byvoorbeeld jou asemhaling, die klop van jou hart.

Die gedig van Rumi, The Guesthouse, word omtrent op elke webwerf oor mindfulness aangehaal:

The Guest House

This being human is a guest house.
Every morning a new arrival.

A joy, a depression, a meanness,
some momentary awareness comes
as an unexpected visitor.

Welcome and entertain them all!
Even if they are a crowd of sorrows,
who violently sweep your house
empty of its furniture,
still, treat each guest honorably.
He may be clearing you out
for some new delight.

The dark thought, the shame, the malice.
meet them at the door laughing and invite them in.

Be grateful for whatever comes.
because each has been sent
as a guide from beyond.

— Jellaludin Rumi,
translation by Coleman Barks

The Guest House: A Poem

Kris hoor van bewustelikheid na ’n traumatiese ervaring en omdat sy soveel baat daarby vind, begin sy dit deelmaak van haar fisioterapeutpraktyk.

Luca Morkel, die held in die verhaal is ’n ultra-atleet. Om uit te vind presies wat ’n ultra-alteet se program behels, het ek Ryan Sandes se boek, Trail Blazer: My life as an Ultra-distance Runner (Zebra Press, 2016) gekoop. As ’n totale groentjie wat aan ultra-maratons begin deelneem het, slaag hy daarin om ’n ultra-wedren op elke kontinent te wen – die enigste mens wat dit nog kon regkry.

Die voorwoord van die boek is deur Tim Noakes geskryf. Volgens hom is Ryan Sandes se prestasies uitsonderlik. Wat Sandes bereik het, is moeilik om te verklaar, volgens Noakes “[i]t is a statistical and logical impossibility.” Hy kan nie verduidelik hoekom Sandes so suksesvol is nie, en kan bloot spekuleer. Sy slotsom is ‘Ryan’s success requires that the mental strategies he uses to regulate his exercise performance are different from those the rest of us use.’

Hoe die twee ontmoet het en elkeen se stryd om te luister na wat die hart wil hê, het vir my eindelose plesier voor die rekenaar verskaf. Dis een van daardie stories waar die drade net heeltyd in plek geval het en ek het dae lank verlore rondgeloop na die storie klaar was.

Koop Bewustelik joune:  https://www.lapa.co.za/Winkel/Besonderhede/productId/7327 

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>