Marlies Haupt: Ons groet ’n besonderse heldin!

Marlies Haupt het in November 2014 by LAPA Uitgewers begin as Romanza-Uitgewer, maar haar glimlag en positiewe menswees het vinnig deel van LAPA se gange geword. Vandag groet ons haar en wens al alles van die beste toe! Hier gesels ons vinnige met haar.

Gunstelingkleur?

Blou. Maar deesdae is ek mal oor groen (dink dis Cliffordene se invloed 😊).

Vertel ons kortliks van jou eerste dag by LAPA?

Ek het met die Gautrein gekom (van ver af!). Het ’n pers toppie aangehad en onthou ek het geskrik toe ek sien hoe groot my lessenaar is. Charlene het vir my ’n manuskrip gegee om te lees en dit het gevoel of ek weggeraap is en my in ’n vreemde wêreld bevind.

Wat was vir jou die lekkerste deel van jou werk by LAPA?

Vir seker daai heerlike gevoel wanneer ek ’n goeie manuskrip klaar gelees het; om my skrywers te leer ken en saam met hulle te groei. Die heerlike lag en saamwerk saam met kollegas.

Wat gaan jy die meeste mis?

My kollegas, my skrywers en om met romantiese stories te werk.

As jy een of 2 goed kan noem wat jy hier by LAPA ervaar het wat jy altyd saam met jou sal dra wat sal dit wees?

’n Positiewe houding maak alle laste lig (vra vir Cliffordene om dit vir julle te sing); niks is lekkerder as ’n goeie lagsessie saam met ’n kollega nie en kollegas makes the world go round.

Is daar dalk iets wat jy dink niemand van jou weet of min mense van jou weet wat jy met ons sal deel?

Ek praat vlot Nederlands, ek hou nie van peperment of die fontsoort Calibri nie. Ek kan vlieg en … in my volgende lewe wil ek opera sing en baie kaas eet.

Het jy dalk ’n lewensmotto of quote wat jy met ons kan deel?

My gunstelingaanhaling is: “So think, as if your every thought were to be etched in fire upon the sky for all and everything to see, for so in truth, it is.” – Book of Mirdad.

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>