RomanzaLiefde: Daar is ʼn held (of 4) op jou foon!

Is jy op soek na ’n ridder? Iemand wat saam met jou die sonsondergang kan instap? RomanzaLiefde se helde wag geduldig vir jou!

Liefde met ’n glimlag – Louise Minnaar

Niemand dink aan romanse terwyl iemand in jou mond rondkrap nie. Maar Anandi se nuwe tandarts is nie ’n middeljarige oomie met vergete instrumente nie. Allesbehalwe. Hy is ’n jong man met sensitiewe hande en ’n baie, baie aantreklike gesig.

BONUSKORTVERHAAL!
Dans na die toekoms – Analize Theron
Hy het een oggend skielik uit die bloute vir Thea op die trein in Londen geglimlag en haar hart gesteel. Maar haar dansgeselskap moes na die volgende dorp beweeg. Nou staan hulle ’n kans in die Dirty Dancing-verhoogproduksie … en dalk ’n kans op liefde?

Te koop by

Bie op haar hart – Antoinette Venter

Met ’n ontwikkelende sangloopbaan en om haar beste vriendin se sopkombuis te ondersteun, het Mika min tyd vir iets anders. Beslis nie tyd vir die skilderydief, Jean-Pierre, wat met die sopkombuis wil help nie. Tog ignoreer haar hart haar prioriteite, maar ’n ander vrou is steeds in Jean-Pierre se hart.

BONUSKORTVERHAAL!
’n Marshmallow-tipe meisie – Rosita Oberholster
Die laaste paar jaar huil Emma nooit meer harseertrane nie. Woedetrane, ja. Haar eksman se dinge het haar hard gemaak. Sal die aantreklike Samaritaan, Bart, haar sagtekant weer vind?

Beskikbaar by

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>