“En sjoe my internskap by LAPA Uitgewers is omtrent vinnig verby” – Zhan-Mishal Viviers

Ons het almal al die bekende gesegde gehoor: “Time flies when you are having fun.” En sjoe het my internskap tydperk by LAPA Uitgewers omtrent vinnig verby gevlieg. Ses maande is in ’n oogwink verby.

Diegene wat my blogs oor die laaste paar maande gevolg het sal dalk onthou dat ek in my eerste blog 10 interessante feite oor myself gedeel het. Hier staan ek nou aan die einde van my internskap en ek het dit goed gedink om nou eerder 10 waardevolle lesse te deel wat ek oor die laaste paar maande geleer het.

Jy sal die uitgewersbedryf kan oorleef as jy …

  1. Baie lief is vir koffie. Nie net dra die kafeïen jou deur die dag nie, maar in alle eerlikheid is die kantoorgange maar koud in die wintermaande en dan hou ’n koppie boeretroos jou snoesig warm.
  2. Mens moet ook een van jou lessenaar laaie gereeld vol stop met, koekies, lekkers en peuselhappies. Soms raak jy te besig vir middagete en dan help dit om ’n eetding byderhand te hê om jou maag se grom stil te hou.
  3. Mooi skryfbehoeftes is ’n welverdiende bederf. Sonder ’n dagboek, notaboek en kalender byderhand sal mens totaal verlore wees. Dus gaan kuier ek gereeld tussen Typo se skryfbehoeftes-rakke.
  4. In die gange van ’n uitgewery moet jy ook ’n liefde hê vir gesels. As kollegas, klop ons gereeld aan mekaar se deure om opinies te vra oor ’n boekomslagontwerp of ’n nuwe titel. Ons redeneer ook graag oor taal -en spelreëls en dan lyk dit soos ’n samekoms voor die boekrak waar ons die HAT, AWS en soortgelyke gidse stoor.
  5. Spanbou-aktiwiteite hou nie net die gees in die kantoor hoog nie maar laat kollegas ook toe om mekaar beter te leer ken en ook ’n beter verstandhouding te vorm vir die werkproses en verantwoordelikheid tussen ons departemente.
  6. Onthou om die kantoorgeriewe ten volle te benut. By LAPA Uitgewers het ons ’n oopplan- dakarea waar mens lekker vars lug kan gaan soek as jou rekenaarskerm jou begin hipnotiseer.
  7. Of jy nou na die eerste of sewende vloer van die gebou gaan, klim maar die trappe in pleks van die hysbak neem. Dit is ’n feit dat ek veel eerder sal lê en lees as om te gaan draf deur ons beurt. Dus oortuig ek myself dat ek reeds só my oefening by die werk inkry.
  8. Teen ons tafel- en muuroppervlakte is daar orals grappies, memes en inspirerende aanhalings geplak wat mens bemoedig en opkikker wanneer sperdatums nader sluip.
  9. Enigeen wat in die uitgewersbedryf werk is mees definitief verslaaf aan lees en dus help dit om vroegtydig te begin belê in jou persoonlike spaarrekening vir die koop van nuwe boeke elke maand.
  10. In die uitgewersbedryf is elke maand Kersfees. Ja julle het reg gehoor! Ons ontvang elke maand vooruitkopieë van ons nuwe titels vanaf die drukkers netjies toegedraai soos presente en so voel dit al te gereeld of ons vasgevang word in my gunsteling-feestydperk.

Hierdie is maar net 10 van die baie lesse wat ek geleer het tydens my internskap by LAPA Uitgewers. Hier my liefde vir koffie en lees uit hul nate gebars en het kollegas vinnig beste vriende geword en nou kan en met trots rapporteer dat ek vir nog twaalf maande saam met die LAPA-span sal kan groei, werk en daagliks nuwe dinge leer.

Kommentaar (2)

  1. Antwoordamanda
    Dit is inderdaad vinnig verby! Hoe lyk jou pad nou vorentoe? Is die uitgewersbedryf uiteindelik jou koppie tee, of liewer, koffie?
    • AntwoordZhan-Mishal
      Amanda om eerlik te wees is die uitgewersbedryf beslis my koppie tee en koffie. Soos tee, help stories my deur die moeilike tye van my lewe, en soos koffie gee die die triomf van projekbestuur, sperdatums haal en die wete dat jy weer ander se lewens met stories vul my die nodige adrenalien. Die Engelse mense se mos graag: If you love what you do, you will never work a day in your life." En dit is presies hoe ek oor die uitgewersbedryf voel!

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>