5 minute met Charlene Hougaard, SuperRomanza-uitgewer – Sumarie Erasmus

Wat is jou grootste droom?

Ek sal graag weer Rio de Janeiro toe wil gaan. Ek het daar as kind gebly toe ek vyf jaar oud was, maar ons het weer teruggekom RSA toe, toe ek agt jaar oud geword het.

Wat is jou grootste vrees?

Witdoodhaaie.

Wat maak jou gelukkig?

Om by die see te wees.

As jy op ’n eiland gestrand is en jy kan net drie goed saamvat, wat sal dit wees?

’n Boek; ’n bottel rooi wyn en ’n handdoek.

Het jy enige stokperdjie wat jy beoefen?

Lees, lees en nogmaals lees.

As daar een ding is wat jy dink min of geen mense van jou weet nie wat is dit?

Ek hou nie van take-aways nie, en verkies om my eie kos te maak.

Kommentaar (1)

  1. AntwoordBets Smith
    Dis hoe ons Charlene ken: sy glimlag altyd. Lees en lees die honderde manuskripte geduldig, bly vriendelik met skrywers wat divas raak, en kies nét die regte stories. Dis lekker om die Charlene agter die bekende glimlag beter te leer ken.

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>