Augustus 2018 … ’n jaar en 25 mooie liefdesverhale later

Reënmeisie – Nerine le Roux

Op ’n reënerige aand ontmoet Klara met ’n man met treffende oë. Hy daag weer om terwyl sy werk as Jai by die Chinese restaurant. Dalk is dit toeval, dalk nie, maar Ben verstaan haar hart se taal.

BONUSKORTVERHAAL!

Toe ontmoet ek jou – Ildé Grové

Sayeed het die vrou van sy drome ontmoet, maar hy nou moet haar aan die ander vrou in sy lewe voorstel, sy ma. Hy hoop dis nie die einde van hul pad saam nie.

Koop hier:

 

Nog altyd jy – Madelein Stoltz

In die ou Kaap moet Sidonie alleen oorbegin. Danksy Aubin. Hy het haar familie verraai, maar alles wat ’n man en vrou na mekaar toe aantrek bestaan tussen. Sy bewaak haar hart, maar haar liefde vir Aubin hou aan groei.

BONUSKORTVERHAAL!

Haar Valentynsgeskenk – Bets Smith

Dit is die dag voor Valentynsdag. Mandie het nie eens tyd om haar hare te kam nie, wat nog te sê, om haar te bekommer oor waarom James, haar man van meer as ’n dekade, nie meer aandag aan haar skenk nie. Sy het veral nie tyd of lus om te wonder of James se vergeetagtigheid twee lang bene en ʼn sexy lyf het nie.

Koop hier:

  • LAPA Uitgewers:  https://bit.ly/2OGtL7I
  • Amazon: https://amzn.to/2LUMSwi

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>