Ons gesels met Cecilia Steyn …

Ek sal die gelukkigste persoon in die wêreld wees as …

Ek is klaar gelukkig, maar ek dink om eendag ouma te word sal die kersie op die cupcake wees.

Liefde is soos …

ʼn Snoesige kombers, lekker kos en ʼn rugmassering.

Ek’s niks as dit nie was vir…

Die liefde en ondersteuning van my man, kinders en familie nie.

As ek verveeld is …

Trek ek ʼn boek nader.

Vrede omring my as…

Ek ʼn goeie skryfdag gehad het.

Waar wil jy op vakansie gaan?

Mauritius, Venesië, Parys, New York en nog ʼn paar ander plekke is op my kluitklaplys. Maar vir nou is ek tevrede om enige plek in ons mooi land te ontdek.

Niks, ek herhaal niks, kom tussen my en my… nie.

Beauty sleep

Wat’s jou gunstelingwoord?

Seladongroen

My trooskos is…

Enige iets met sjokolade.

Wie is jou gunstelingskrywer?

Dis onmoontlik om te kies! My lysie word by die dag langer, maar Jojo Moyes, Nicola Yoon en Audrey Niffenegger is drie van my gunstelinge.

Wat is die beste raad wat jy oor skryf ontvang het en van wie?

“Skryf wat jy graag wil lees,” is seker die beste raad wat ek by my broer en skrywer Fanie Viljoen ontvang het. En dit is so, want dan is dit nie werk nie.

Waarom skryf jy romantiese fiksie?

Ek skryf dit, want dit is my gunstelinggenre om te lees.

Wat is jou skryfproses? Het jy ’n vaste roetine of skryf jy organies?

Ek probeer om tussen nege en drie daagliks te skryf. Om vir jouself te werk vat ongelooflike dissipline. Sover dit moontlik is probeer ek die manuskrip ook beplan, maar karakters laat hulle nie altyd voorskryf nie. Ek dink gewoonlik die aand voor die tyd al aan wat die volgende dag in die manuskrip moet gebeur.

Waar kry jy inspirasie vandaan?

Gewone mense se stories met ʼn tikkie verbeelding daarby.

Watter tyd van die dag skryf jy op jou beste?

Enige tyd, solank dit rustig en stil is.

Het jy al Santorini besoek?

Ja! In September 2014.

Jy skryf ook jeugverhale en kortverhale. Watter genre vind jy die moeilikste?

Ek vind kortverhale ʼn uitdaging omdat mens net ʼn beperkte aantal woorde het om ʼn storie te vertel.

Is jy tans besig met ’n boek?

Ja. Ek het my tienerlesers bietjie afgeskeep, maar ek maak op daarvoor. Ek werk tans aan die derde #PresiesAnders.

Kommentaar (2)

  1. AntwoordAmanda
    Ek bewonder jou en die ander voltydse skrywers, se selfdissipline om gereeld te skryf. Doet so voort!
  2. AntwoordZelda Bezuidenhout
    Cecilia, ek geniet jou skryfsels en hou van hoe jou skrywerskop dink. En ek is baie bly jy skryf kruis en dwars oor die genres. Jy inspireer my.

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>