Toe ontmoet ek jou – Ildé Grové

Inspirasie is ʼn moeilike ding om vas te pen. Dit lê soms in ʼn woord wat iemand sê, ʼn sin wat ek iewers raak lees of ʼn gebeurtenis. Dit hoef nie noodwendig uniek of ongewoon te wees nie maar dit moet my as skrywer raak. Dit is ononderhandelbaar. As dit nie my siel raak nie kan ek nie daaroor skryf nie. Soveel te meer met Toe ontmoet ek jou.

Hierdie is nie juis ’n onderwerp wat in ʼn tradisionele voel goed liefdesverhaal hoort nie. In alle eerlikheid was ek maar teensinnig om so taai toffie aan te pak. Ek het inspirasie op ander plekke gaan soek maar die karakters het geweier om uit my kop pad te gee. Ek moes eenvoudig hulle verhaal skryf.

Daar is ʼn ou Afrikaanse Spreekwoord wat beweer: Liefde oorwin alles. Sou dit ook hier die geval hier wees? Die heldin is ʼn vrou uit ʼn gegoede agtergrond. Haar toekoms is verseker. Op die koop toe is haar kop vol vooropgestelde idees oor hoe die ‘anderkant’ lewe en teenoor haar behoort op te tree. Dan word die mat onder haar stilletos uit gepluk. Die held is ʼn man van integriteit wat moes baklei om te kom waar hy is. Iemand met “anderkant” agtergrond, velkleur en eie vooroordele teenoor die sogenaamde gegoedes. Ook sy bekende wêreld word ongevraagd geskud.

In kort lê die inspirasie daarin dat die hoofkarakters soos ons moet groei. Vooropgestelde grense verskuif. Leer om verby vel, geld en status te kyk. Harte toelaat om te ontmoet en te bemin.

Koop hier:

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>