September is Lente en leestyd!

Kan jy dit ook ruik? Die lente en liefde is in die lug.

In September maak ’n nuweling haar buiging en ’n ou gunsteling keer terug en ons kan nie meer opgewonde wees om die nuus met jou te deel nie.

Net myne – Susan Olivier 

Nadia het haar oog op ’n gewone outjie, sy soek standvastigheid en reken hy sal dit kan bied. Human kom gooi egter al haar plannetjies deurmekaar. Gaan Human slegs tydelike opwinding bied, of is hy die een vir haar?

 

 

 

 

 

 

Reg vir my – Marilé Cloete

Vir ’n tinktinkie met ’n groot bril en ’n ewige boek onder die blad het Henk Rademeyer sekerlik geen trek nie. Net soos die res van die wêreld se mans, dink Essie. Maar ’n reuse verrassing wag op haar toe Kupido betrokke raak.

 

 

 

 

 

 

Krummelpap in Parys – Ciska Olivier

Christelle kon nog altyd kies en keur onder die mans en het nie ’n tekort aan selfvertroue nie … Maar vir die eerste keer in haar lewe kan sy nie kry wat sy die graagste wil hê nie: Michael le Grange!

Welkom in die Romanza-familie Ciska Olivier. Ons sien uit na nog stories van jou!

 

 

 

 

 

Ridder van haar hart – Madelein Stoltz

Lorenzo Esposito sal nie nee vir ’n antwoord neem nie. Shaylee sal met hom trou, want dan kry haar oorlede suster en sy oorlede broer se dogtertjie, Amy, ’n goeie tuiste. Dis ’n doodgewone saketransaksie, maar toe ontwikkel Shaylee gevoelens.

 

 

 

 

 

Jy kan al vier lekkerlees-stories hier koop!

https://www.lapa.co.za/Romanz

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>