Liefde is in die lug dié Oktober

’n Nuwe maand hou altyd nuwe hoop en natuurlik ook nuwe liefde en leesstof in. Die jongte vier Romanzas in die reeks het ’n held wat elke tipe vrou se hart sal laat smelt. Meer as dit sal twee van hierdie Romanza jou ook wegvoer na avonture in die sprokiesbuiteland van New York en Parys.

 

Winterdroom – Alma Carstens

Simoné is vir altyd klaar met mans, maar sy bly steeds ’n warmbloedige vrou met behoeftes. Al verpes sy Tristan Lindeque, tiek hy al haar boksies en pas hy perfek in haar plan. Sal hy instem om haar minnaar te word en al haar voorwaardes aanvaar?

 

 

 

 

 

 

 

Die meisie langsaan – Nellie Alberts  

Liebert het al die eienskappe van ’n trouman: humorsin, ambisie, eerlikheid, oneindige geduld en ’n bottersagte hart. Maar hy is vir nie Adamia bedoel nie, daarvoor ken sy hom te goed. Dus skryf sy hom in vir ’n Boer-soek-vrou-kompetisie. Maar nou wil sy ook deelneem!

 

 

 

 

 

 

Vir ’n oomblik, vir altyd – Ciska Olivier

Guan van Wyk gaan haar nie om sy pinkie draai nie, besluit Anita. Sy is van ’n sterker stoffasie gemaak. Die man is ’n vleier, haar buurman en haar baas. Sy moet verbyhou. Sjoe, maar daardie oë …

 

 

 

 

 

 

’n Geur vir elke vrou – Ida Bester

Theana se baas vra haar om die parfuummaker, Jean-Luc, te jag vir hul besigheid. Sy is gelukkig om hom al op haar vlug raak te loop. En weer later in Frankryk. Maar is hierdie ontmoetings met Jean-Luc terloops, beplan of deel van die noodlot?

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>