RomanzaLiefde-helde op ysterperde

Soms kom jou held op ’n Harley Davidson by jou aan. Die helde van ‘Haar vir-altyd-minnaar’ deur Ildé Grové en ‘Held op ’n Harley’ deur Corné van Rooyen gaan hul afwagting as riiders op ysterperde maak in Oktober.

 

 

Held op ’n Harley deur Corné van Rooyen

Mans op motorfietse assosieer Leah met bad-boys en dit is nie die tipe man waarvan sy hou nie. Maar Tristan op sy Harley laat haar hartklop versnel en sy glimlag maak haar knieë lam.

 

BONUSKORTVERHAAL deur Ria Richards 

 Die bruidegom se eks 

Wilde Sara trou. Dis nie aldag wat iets so opwindend op Sonika se klein dorpie gebeur nie, maar sy het ’n dilemma. Op die uitnodigingskaartjie staan uitdruklik: Mevrou Ellis en metgesel. Hoe sal dit lyk as sy alleen by die troue opdaag?

 

 

 

Haar vir-altyd-minnaar deur Ildé Grové

’n Man en sy silwermotorfiets. Gevaarlik aantreklik. Wat met ʼn blote blik en ʼn vlietende aanraking dinge in Chandré wakker maak wat sy geglo het lank reeds dood en begrawe is.

BONUSKORTVERHAAL deur Rita Swanepoel

 Almal is rooikoppe  

Elke Sondagmôre word Gert Jonker se bose dade deur die vroue van die gemeente beskinder. Nou sit Petra op ’n reënerige nag in sy kombuis. Wat sal die vroue hiervan sê?

 

Hierdie twee lekker en bekostigbare verhale is nou beskikbaar: https://lapa.co.za/romanza-boeke/romanzaliefde

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>