Vir die liefde van poësie

’n Geur vir elke vrou deur Ida Bester het ons laat terug dink aan ’n pragtige gedig, ‘Sproeireën’ deur DJ Opperman (in Brink 2008:277):


My nooi is in ’n nartjie,

my ouma in kaneel,

daar’s iemand … iemand in anys,

daar’s ’n vrou in elke geur!

 

As ek ’n stukkie nartjieskil

tussen my vingers buig of knak,

breek uit die klein sproeireën

wat geurend om my hand uitsak,

die boorde weer van Swartfoloos

en met nartjies om my heen

weet ek hoe dat ’n vrou kan troos.

 

O my nooi is in ’n nartjie,

my ouma in kaneel,

daar’s iemand … iemand in anys,

daar’s ’n vrou in elke geur!

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>