Landman se maat, profiel: Liebert Nel

Boer: Liebert Nel

Ouderdom: 30

Boerdery: Boerperdteler

Ligging: Die Boland

Ek is opsoek na: “’n Stil, maar sterk vrou met ‘n humorsin en liefde vir diere, veral perde. Sy moet kan inpas in die plaasopset waar ek woon en werk. Ek moet haar ten alle tye kan vertrou en weet sy ondersteun my. Ek gee nie om as sy haar eie ding doen nie; ek verwelkom dit, want ek hou nie daarvan dat ’n vroumens heeldag onder my voete is en ek haar moet vermaak nie. Dit werk nie so op ’n plaas nie.

“Ek het baie geduld met moeilike perde – ons rehabiliteer ook getraumatiseerde perde op die plaas – so ek moet geduld hê, maar ek kan soms te ver gedryf word. Dan ontplof ek. Maar ek raak gou weer goed. Ek hou nie daarvan om te broei oor dinge nie.

“My ideale meisie hoef nie maer en mooi te wees in die oë van die wêreld nie, maar sy moet aantreklik wees vir my. As sy nie allergies is vir perde nie en dalk kan perdry, is dit ‘n voordeel, maar dis nie noodsaaklik nie. My ideale vrou moet nie vol fiemies wees nie; as dit nodig is, moet sy selfs help stalle skoonmaak. Ek droom van ’n vrou wat my lief sal hê oor die mens wat ek is – soos ek is – en nie oor materiële bymotiewe nie.”

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>