’n Tydlyn van Ciska Olivier se lewe

Ciska Olivier se eerste twee Romanza’s het in 2018 by Lapa Uitgewers verskyn en in haar lewe was dit beslis ’n hoogtepunt. Ons het bietjie gaan kyk na al die ander hoogtepunte in Ciska se lewe tot dusver …

1986 – My eerste waatlemoen eet en dit is vandag nog my gunsteling vrug.

1991 – Daar is twee goed waarvoor ek baie lief is: Katte en slaap.

1999 – Ons eerste motorfiets waarmee ons die plaas in die Kalahari amper plat gery het.

2002 – Afronding en model kursus. Dit het my selfvertroue gebou en my my eiewaarde laat ontdek.

2005 – Om Big Daddy in Sossusvlei twee keer tot heel bo te klim was nogal ’n groot hoogtepunt in my veldgids-loopbaan. Teen 325 m hoog en die klim tot bo 2.5km is dit nogal ’n uitdaging. Selfs al klim jy byna elke dag vir ’n jaar net halfpad saam met jou gaste voor julle afsak na Dooievlei.

2007 – My eerste eie troeteldier, Isis (vernoem na die Egiptiese godin), was ’n Abessiniese kat en ’n vermaaklike metgesel.

2010 – My eerste vis … en die begin van my man se hoofpyn oor hy my leer visvang het, want nou vang ek mos al die groter visse!

2014 – Ek trou met my sielsmaat, my held en my beste vriend.

2016 – Ek word tannie!

En natuurlik 2018 – My eerste Romanzas verskyn!

 

Koop Ciska Olivier se debuut Romanza, Krummelpap in Parys hier: https://lapa.co.za/krummelpap-in-parys. Haar tweede Romanza, Vir ’n oomblik, vir altyd is ook te koop op ons webstuiste: https://lapa.co.za/vir-n-oomblik-vir-altyd

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>