Alta Cloete (haar skryfnaam vir romanses is Marilé Cloete) het betreklik laat in haar lewe voluit begin skryf en nou is daar nie sprake van ophou nie. Skryf maak die leë nes (tot ’n mate) vol en hou depressie op ’n afstand. Skryf bring groot uitdagings, maar ook nuwe visie, nuwe energie, nuwe vriende en ongelooflike bevrediging.
Die afgelope dekade het sy meer as vyftig kortverhale, ’n paar rubrieke, vyftien romanses, sewe liefdesromans en twee verhoudingsromans die lig laat sien, asook ’n selfpublikasie oor depressie.
Alta is verheug om deel van die wonderlike oplewing in Afrikaanse ontspanningslektuur te wees en werk hard om dit op die internet te bevorder. Haar groepe Kom ons lees weer Afrikaans! en Afrikaanse boeke vir die jongklomp op Facebook het ten doel om potensiële lesers in te lig oor al die lieflike Afrikaanse boeke wat voortdurend verskyn.
By www.altacloete.wordpress.com blog sy ook heelwat oor Afrikaanse boeke sowel as ander onderwerpe, waaronder depressie en angs die belangrikste is.
Ook deur Marilé Cloete:
- Perfek vir my
- Logika van die liefde
- Reg vir my
- Uitgelewer aan die liefde
- Moed vir die liefde
- ’n Man vir altyd
- Romanse in rock
- Projek ware liefde
- Teen haar beterwete
- Eindelik liefde
- Haar grootste geskenk
- Waar sy hoort
- Sy mooiste woorde
Vorige liefdesromans onder die naam Alta Cloete:
- Net ’n mens
- Opdrag van oorkant
- Seisoen van lig en donker
- Seisoen van vervulling
- Seisoen van vergifnis
Vir meer inligting oor Alta Cloete se liefdesromans, gaan na www.altacloete.wordpress.com en kyk by die hofie SKRYFWERK!
Kommentaar (11)