Goue meisie – Mari Roberts

Sy frons en kyk skerp na hom; ’n gedagte skiet haar te binne. “Thomas, het jy my laat ondersoek?”
Sy kop ruk op en dan lag hy saggies. “Jy lees hopeloos te veel speurverhale.”
“Ek lees nooit speurverhale nie, maar ek is blond, nie stupid nie,” sis Melanie verontwaardig. “En jy het my nog nie geantwoord nie.”
Hierdie keer verbeel sy haar nie die blos op sy hoë wangbene nie en sy pers haar lippe opmekaar. “Jy het sowaar . . .” Verder kom sy nie, want die volgende oomblik staan Thomas voor haar, sy oë dringend in hare.
“Ek moes,” erken hy en vee moedeloos oor sy gesig.
“Hoekom?” vra sy verstom. “Word almal wat saam met jou op ’n boot ry, se agtergrond ondersoek?”
“Nee.”
Sy gooi haar arms in die lug en voel hoe die woede in elke porie van haar liggaam begin kook. “Nou verduidelik asseblief vir my hoekom.”
“Melanie.” Hy vee met sy hande deur sy hare, kyk dan dringend na haar. “Ek het ’n besigheidsproposisie vir jou.”
“Ekskuus?” Sy gaan sit op die bed en kyk na Thomas asof hy so pas aangekondig het dat sy haar hare moet afsny.
Hy kyk dak toe terwyl ’n spiertjie in sy wang spring.

“Trou met my.”

Los 'n boodskap

Jou epos adres sal nie gepubliseer word nie.

U mag hierdie HTML tags en eienskappe gebruik:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>